Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all 9424 articles
Browse latest View live

Eksklusief! Joe Foster se eerste musiekvideo!


Onnie van die week: Spog met jou leerders

$
0
0

Ons onnie van die week, Charné Kemp, is dalk nog ’n nuwe besem in die onderwys, maar haar geesdrif en vars benadering is aansteeklik.

Naam en ouderdom:
Charné Kemp (22)

Wat en waar onderrig jy?
Ek onderrig gr. 00 by Smiley Kids Primrose in Johannesburg.

Hoekom het jy die onderwys as loopbaan gekies?
Om kinders te leer is my passie en roeping. Ek glo ek kan ’n verskil maak, al is dit hoe klein!

Gee drie wenke aan ander onderwysers wat jou vak onderrig 

  1. Geduld sal jou baie ver bring!
  2. Dit is altyd lekker vir ouers om te hoor hoe hulle kinders die dag gevaar het, veral wanneer hulle iets ouliks gedoen of gesê het. Spog so ’n bietjie oor die leerders; hulle is tog amper soos jou eie kinders!
  3. Maak werk lekker vir die leerders: Trek snaaks aan en wees so af en toe ’n bietjie laf! Leer deur te speel. 

Gee drie wenke aan nuweling-onderwysers in enige vak/graad

  1. Wees altyd vriendelik; jy kan dalk net iemand se dag maak!
  2. Bou goeie vertroue met die ouers, leerders en ander onderwysers om jou.
  3. Jy weet nooit wat aangaan by die kind se huis nie; luister eers wat hulle te sê het voor jy jou humeur verloor.

Wat is jou gunstelingtegnologie of -boek om in die klas te gebruik?

Enige prentjie-storieboek. Dit maak nie regtig saak watter boek jy kies nie, maar hóé jy dit lees, is wat saak maak.

Wat motiveer jou?

Wanneer die kleintjies my druk en vertel hoe lief hulle my het. Die mense saam met wie ek werk. Ons het ’n puik baas en akademiese hoof; hulle motiveer ons gereeld. Wanneer ek sien hoe hard almal rondom my werk, hoe kan ek nie gemotiveer wees nie?!

’n Nuwe trauma: die eerste naweekpas

$
0
0

Jackie kom vir die eerste keer sedert die ongeluk ’n naweek huis toe. Hy weier om te glo dis sy huis en val sy gesin aan . . . Lees die volgende aflewering in Michelle Fourie se aangrypende blog oor haar lewe saam met haar breinbeseerde man.

Jackie

Ons stoot vir Jackie buitentoe by die rehab. Ruben sit graag op sy skoot.

Ná 8 weke in rehab word daar aanbeveel dat Jackie naweekpas kry om huis toe te kom.

Dit is die eerste stap in die rigting van tuiskoms.

Die doel is om hom stelselmatig te oriënteer ten opsigte van sy huislike omgewing en om ons gewoond te maak aan dit wat wag wanneer hy permanent tuis kom.

Ek en ons huiswerker, Sophie, word opgelei in die gebruik van die rolstoel. Tuis herrangskik ons die dekor om dit gemakliker vir Jackie te maak. Hy kan nog nie trappe klim nie en die eetkamer word dus in ’n slaapvertrek omskep.

Sophie

Sophie

Ons is opgewonde en bang as ons hom die Vrydagmiddag gaan haal. Ek wil net so gou as moontlik tuis kom. Ek is seker as hy die huis sien, die honde, die bekende, gaan iets kliek.

Groot is die ontnugtering.

Hy weet nie waar ons is nie en niks lyk vir hom bekend nie. Hy glo nie dis ons huis nie en alles wat ons vir hom vertel, beleef hy as leuens en dat ons hom om die bos probeer lei.

Die eerste aand besef ek al dat dit ’n moeilike naweek gaan wees. Hy loop soos ’n kindjie wat pas leer loop het. Sy balans is nog sleg en dus hardloop hy van muur tot muur om nie om te val nie. Die rolstoel is ook onprakties in die klein ruimte van ons huisie.

Ek moet vir die eerste keer sy doeke ruil en dan lê hy soet soos ’n babatjie dat ek dit doen.

Hy wil die hele tyd by ons weet wat met hom gebeur het. En as ons hom vertel, glo hy ons nie. Hy skree op ons oudste, Jacques (15). Ons wys hom foto’s van die ongelukstoneel en sy reaksie is om ons te beskuldig dat ons die foto’s gedokter het.

Jacques

Jacques

Hy eet asof hy nog nooit kos gesien het nie. Ná drie minute vra hy nog kos omdat hy honger is. Hy kan glad nie onthou dat hy ’n paar minute tevore ’n hele bord kos verorber het nie.

Ons is bang hy sit goed in sy mond en verstik, so alle klein voorwerpe word verwyder.

Ek slaap op ’n matras voor sy bed . . . of eerder, ek is wakker op die matras voor sy bed. Ek is so bang hy staan in die nag op en kies die hasepad.

Hy praat nou aaneen, vreeslik onsamehangend, en is paranoïes oor alles. Sy brein skakel nie vir ’n oomblik af nie.

Ek besef skielik dat hy nie goed gaan reageer as ek hom Sondagaand terug moet neem rehab toe nie.

Teen Sondag is ons wrakke. Jacques en Ruben (7) is ontnugter, ek is stokflou, en Jackie is meer as ’n handvol.

Ons word met bottels gegooi en die arme Jacques word uitgeskel

Sophie bly by my, want sonder haar gaan ek dit nie maak nie. Dit besef ek al daardie eerste naweek.

Dis moeilik om Jackie gebad te kry, maar uiteindelik is hy skoon aangetrek sodat ons hom kan terugneem rehab toe.

Hy is vas oortuig ek neem hom terug oorlog toe en weier om in die kar te klim.

Ons word met bottels gegooi en die arme Jacques word uitgeskel as hy Jackie probeer inhelp. Hy takel Jacques met ’n krag wat ek nie kan beskryf nie. Ek voel so jammer vir my kind wat dit alles moet beleef. Ruben is bang en sê nie ’n woord nie.

Uiteindelik kry ons hom in die bakkie en hou skaars by verkeersligte en stopstrate stil. Die kinderslot is aan die deure ingeval hy probeer uitspring.

By die rehab aangekom wil hy nie uitklim nie, en raas kwaai met ons. Ek voel so verlig dat ons in een stuk daar aangekom het dat ek terugraas, soos ’n ma wat met haar seuntjie raas.

Uiteindelik is hy terug in sy bed, nou kalm en rustig – asof hy weer veilig voel in sy ruimte.

Terug in die motor sit ek net en huil verlig dat hy terug is. Ons is ontnugter en getraumatiseer deur die naweekbesoek.

As dit is hoe ons lewe vorentoe lyk, begin ek nou al weghardloop. Maar waarheen . . . en wat van my kinders?

Here, help ons asseblief!

Ruben

Intussen gaan die lewe aan te midde van die chaos waarin ons ons bevind. Ruben speel sy eerste Bulletjie-rugbywedstryd en my hart wil breek omdat Jackie – wat altyd langs die veld was as Jacques gespeel het – dit nie met ons kan deel nie. Hier is Ruben, op pad doellyn toe.

- Michelle

Michelle Fourie Michelle Fourie woon in Pretoria waar sy ’n grasdakonderneming besit. Sy blog weekliks vir Huisgenoot oor hoe haar en haar gesin se lewe verander het nadat haar man, Jackie, ongeneeslike breinskade in ’n motorongeluk opgedoen het.

TV-gids Dinsdag 3 Desember 2013

$
0
0

nataniel

Wat is vanaand op die kassie?

17:30 5 Sterre Met Reuben (kykNET): Reuben maak ’n heerlike sjokolade-soufflé. Die spesiale gas is Laurain Lewin van Careline Living.

19:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Nataniël wys die kyker hoe funksioneel en mooi servette in alle vorms kan wees.

19:30 Geraamtes in die Kas (SABC 2): Dinge gaan dol by in Vermaak en Vennote-kliniek.

20:00 Vallei van Sluiers (kykNET): Die spanning bou van nuut af op tussen Markus en Emma nadat Jacques en Monique terugkeer, maar Jakkie besluit om in te spring.

20:30 Hot in Cleveland (SABC 3): Victoria raak verlief op ’n man wie se kinders vooraf besluit dat hulle nie van haar hou nie. Melanie en Joy begin uithelp by ’n tehuis vir bejaardes.

20:30 Criminal Minds (M-Net Series Showcase): Blake se man keer terug van die buiteland met ’n beroepsveranderende voorstel aan haar.

 

Wat jy moet weet van die Porsche waarin Paul Walker gesterf het

$
0
0

Die 2005 Porsche Carrerra GT, waarin Paul Waker verongeluk het, is ’n baie skaars supermotor.

Hier is ses kitsfeite oor die motor

  1. Dit het ’n 5,7 L-V10-enjin wat 456 kW se krag ontwikkel, wat agt keer meer is as Volkswagen se Polo Vivo 1,4.
  2. Dié Porsche het ’n topspoed van 330 km/h.
  3. Dit kan 0-100 km/h binne 3,8 sekondes bereik en 160 km/h binne 6,9 sekondes.
  4. Hierdie sportmotor se enjin sit in die middel, wat beteken dit is baie meer vlugvoetig as ’n motor waarvan die enjin voor of agter sit.
  5. Die Carrera GT het nie stabiliteitsbeheer nie, wat beteken jy kan makliker beheer verloor. Stabiliteitsbeheer is ’n veiligheidskenmerk wat ’n motor in toom probeer hou wanneer iets skeefloop.
  6. Porsche het slegs 1 300 Carrera GT’s gebou.

Bronne: CNN, Wikipedia

INKOPIELYS – 26 Desember 2013

$
0
0

Vrugte en groente
VARS
Babatamaties, 12-16
Vars basilie, hand vol
Avokado’s, 3
Rooisoetrissie, 1
Baba-aartappels, 12-16
Uie, 2
Gemengde sampioene, 300 g
Tiemie, paar takkies
Knoffelhuisies, 5-6
Pietersielie, 125 ml (gekap)
Suurlemoen, 1

Suiwel en eiers
Roomkaas, 125 ml
Gerasperde cheddarkaas, 125 ml

Vleis, pluimvee en seekos
VARS
Hoenderporsies, 4-6
Maer biefmaalvleis, 500 g
GEVRIES
Calamari-steaks, 4-6
Visporsies, 4-6

Ander
Rogbrood, 8 snye
Groen peperkorrels, 15 ml
Rooi nierboontjies, 1 x 410 g blik
Polenta, 375 ml
Sodawater, 750 ml

In jou koskas
Olyfolie, 60 ml + ekstra
Sout en peper
Suurlemoensap, 10 ml + ekstra
Mayonnaise, 125 ml
Botter, 30 ml
Hoenderaftreksel, 250 ml
Kerriepasta, 15 ml
Blatjang, 30 ml
Suiker
Bruismeel, 500 ml
Matige kerriepoeier, 30 ml
Borrie, 5 ml

Weer: Temperature vir 4 Desember 2013

$
0
0

Pretoria………….15 30
Johannesburg………12 27
Vereeniging……….13 27
Nelspruit…………18 28
Ermelo……………13 25
Emalahleni………..18 30
Standerton………..16 29
Skukuza…………..22 33
Polokwane…………15 28
Phalaborwa………..21 32
Tzaneen…………..18 30
Musina……………20 34
Lephalale…………22 33
Mokopane………….18 32
Klerksdorp………..16 30
Potchefstroom……..16 32
Mafikeng………….18 32
Rustenburg………..18 32
Vryburg…………..16 33
Bloemfontein………14 28
Welkom……………14 29
Bethlehem…………10 25
Upington………….18 32
Kimberley…………14 29
De Aar……………13 25
Alexanderbaai……..16 23
Springbok…………13 27
Calvinia………….12 26
Sutherland………..09 23
Kaapstad………….15 22
Vredendal…………16 28
Riversdal…………16 25
George……………15 23
Worcester…………15 25
Beaufort-Wes………13 25
Oudtshoorn………..14 26
Port-Elizabeth…….18 25
Grahamstad………..13 22
Cradock…………..12 26
Graaff-Reinet……..12 24
Oos-London………..16 24
Port St Johns……..17 23
Umtata……………16 22
Queenstown………..15 25
King Williams Town…15 25
Durban……………19 25
Richardsbaai………20 26
Pietermaritzburg…..16 25
Ladysmith…………15 26
Windhoek………….14 35
Keetmanshoop………15 33
Walvisbaai………..15 24

Die man wat my wou beheer

$
0
0

Haar kêrel se jaloesie en drang na oorheersing was die laaste strooi in hul verhouding, skryf Zelda la Grange, wat vir ons blog oor geweld teen vroue en kinders.

Marionet

Foto: WikiPhoto

HY WAS van dag een af mal oor my. Ek het dit ’n ruk lank geniet, maar ek was nog altyd inherent wantrouig teenoor mense wat te veel van my hou. Dis nie dat ek ’n slegte selfbeeld het nie; ek is net ’n realis.

Aanvanklik het ek die aandag geniet, maar toe het hy my doen en late begin dophou. Ek sou koffie saam met ’n mansvriend drink en hy sou my heeltyd bel oor iets wat sogenaamd belangrik is.

Hy het my elke paar minute gebel en ná ’n paar weke was daar baie min oor om oor te gesels, want ons was heeltyd op die telefoon. Ek het ingehok begin voel en my weerstand het tot argumente gelei.

My vriende het my gewaarsku dat hulle nie van hom hou nie. Een keer by ’n geleentheid het hy my beste mansvriend byeenkant geneem en hom vertel dat as hy ooit met my sou mors, daar moeilikheid sou wees.

Dit was die laaste strooi. Ek kan dit nie verdra om deur iemand beheer te word nie!

Al die rooi ligte het geflits en as ek nou terugkyk, is ek trots om te sê ek kon uit die situasie wegstap.

Die wonderlike ding is dat ’n mens dalk gekneus voel wanneer jy uit so ’n verhouding padgee, maar nadat ’n bietjie tyd verloop het verander daardie kneusplekke in letsels van oorwinning.

16_days_logo_englishMEDIUM

- Zelda

  Zelda picSMALL  Zelda  la Grange blog tot 10 Desember elke weekdag  vir ons tydens die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders. Dié bekende en gewilde vrou werk steeds as Madiba se persoonlike assistent vir die Nelson Mandela-stigting en hou ook motiveringspraatjies. Sy is aktief betrokke by projekte soos Bikers for Mandela Day en Sisters with Blisters in haar rol as beskermvrou van die 1st for Women Insurance-trust. Een van haar lewensdoelstellings is om SA vroue te help bemagtig

 


Die vakansieboepie

$
0
0

Tem jou lus vir koolhidrate hierdie Kersfees en eet minder feestelike lekkernye.

0412 Health snippet image 1

Hoe harder ons in die feestyd die vetjies in toom probeer hou of gesond probeer leef, hoe moeiliker lyk dit. Dis net te maklik om ons te ooreet aan al die tradisionele Kerslekkernye. Naazneen Khan, die welsynbestuurder van Nestlé Suid-Afrika, gee haar 10 topwenke om die balans tussen kos en gesondheid te handhaaf.

1.     Die belangrike inkopielysie
Glo dit of nie, maar as jy slim koop, kan jy seker maak jy eet nie te veel nie. Moet nooit op ’n leë maag kruideniersware koop nie, anders sal jy ongesonde eetgoed koop. Wanneer jy jou inkopielysie opstel, kies gesonder lekkernye, soos vrugtestafies pleks van sjokolade.

2.    Moenie jou uithonger nie
Om maaltye oor te slaan en jouself uit te honger is seker die slegste wat jy op ’n gesonde dieet kan doen. Dit veroorsaak dat jy minder en groter maaltye eet, wat jou metabolisme stadiger maak en jou gewig laat aansit. Eet liewer meer gereeld kleiner maaltye, wat jou liggaam die nodige energie sal gee. Eet ietsie voor jy ’n geleentheid bywoon sodat jy nie te honger voel nie. 

3.    ’n Happie hier en daar
Dis lekker om by spesiale geleenthede snoepgoed te eet omdat hulle nie te groot is nie, maar probeer om nie van alles op die tafel te proe nie. Feestelike geleenthede gaan oor gesellig verkeer saam met vriende en familie, en nie oor ooreet nie. Wanneer jy ’n bring-en-deel-partytjie bywoon, neem gesonde kos saam, soos ’n vrugtebord of slaai.

4.    Stadig met die drankies
Wanneer jy alkohol by ’n geleentheid drink, eet voor die tyd ’n gebalanseerde maaltyd en drink water ná elke drankie. Dit sal jou help keer dat jy beskonke raak en ook jou kilojoule-inname beperk. 

5.    Begin gesond
Probeer altyd verwerkte voedsel soos worsies, ham en polonie vermy. Gesonder, ligte voorgeregte is groente, neute of vrugte. 

6.    Grootte is belangrik
Eet uit ’n kleiner bord en jou porsiegroottes sal kleiner wees. Groente of slaai behoort die helfte van jou bord in beslag te neem, met stysel en proteïen op die ander kwarte. Eet stadig sodat jou liggaam weet wanneer jy versadig is.

7.    Dans die aand om
Dans is uitstekende oefening om kilojoules te verbrand ná ’n swaar maaltyd. Maak hierdie prettige aktiwiteit deel van jou familiekuier.

8.    Hidreer
Wanneer jy by ’n partytjie opdaag, vermy die suikerryke drankies en kry ’n glas water. Dis ’n goeie plan om ’n bottel of glas water in jou dominante hand te hou sodat jy nie in die versoeking kom om te peusel nie.

9.    Sê nee vir pasteie en koek
Vermy of eet min koekies, koek en pasteie. Romerige souse, kaas en geregte met room moet ook beperk word.

  • 10. Weeg die moontlikhede op

Om jou liggaam te ontneem van dit waarvan jy hou is ook nie goed nie. Geniet liewer ’n klein porsie nagereg en ’n bakkie vrugteslaai. Sekere bestanddele kan met iets gesonders vervang word, soos laevetmelk pleks van room in ’n nagereg.

BRON: Naazneen Khan namens Nestlé Suid-Afrika

Paul Walker se familie hou privaat gedenkdiens

$
0
0

Paul Walker, Izabel Goulart and Erin Heatherton on the catwalk for Sao Paulo Fashion Week in Brazil

Paul Walker se naasbestaandes en vriende het Maandagaand ’n privaat gedenkdiens gehou op die plek in Santa Clarita, Kalifornië, waar hy die naweek in ’n motorongeluk gesterf het.

Die Fast and the Furious-ster is Saterdagaand saam met sy vriend Roger Rodas dood toe die Porsche waarin hulle gery het, teen ’n paal gebots het.

Antonio Holmes, wat die 40-jarige ster deur sy Always Evolving-renspan geken het, het aan People.com gesê die polisie het die plek vir die groep help ontruim en aanhangers is gevra om ’n rukkie uiteen te gaan om hulle tyd te gee om te treur.

Hy sê ’n openbare gedenkdiens word vir 15 Desember beplan wanneer aanhangers hul eer kan betoon.

Hy het verduidelik: “Ons sal by Neptune’s (Net) in Malibu wees vir ’n hulderit. ’n Bekende toneel in die eerste Fast and the Furious-rolprent is daar verfilm.”

’n Bron het aan die Hollywood Reporter gesê Universal Studios, wat die rolprentreeks versprei, het die nodige permit vir die emosionele byeenkoms bekom.

Paul se medester Vin Diesel het ná die gedenkdiens aan aanhangers gesê: “Dankie dat julle hierheen kom en vir daardie engel bo in die hemel wys hoe baie julle hom waardeer het.”

Noodhulpreeks: Snywonde

$
0
0

Dit gebeur gewoonlik met pa terwyl hy in die motorhuis werskaf, met ma wanneer sy kos maak, met kleinsus wanneer sy help groente skil en met kleinboet wanneer hy kaalvoet loop en nie kyk waar hy trap nie. Ons almal kry die een of ander tyd ’n sny.

Dié week in ons noodhulpreeks gee die kenners van Crisis on Call (www.crisisoncall.co.za) raad oor hoe jy daardie snywonde moet behandel.

Snywonde

’n Mens kry oppervlakkige en diep snywonde. Laasgenoemde moet liefs deur ’n medikus behandel word.

Jy moet iemand liewer hospitaal toe neem wanneer . . .

  • die wond aanhou bloei selfs nadat drukking 20 minute daarop toegepas is.
  • die sny diep is, langer as 6 mm lank is en op die gesig, hande, voete, kop, gewrigte of geslagsdele is.
  • die sny in die mond is en langer as 1,25 cm is.
  • die sny dwarsdeur die wang tot aan die binnekant van die mond strek.
  • ’n snywond op die tong oopgaap.
  • die sny so diep is dat jy vet of been kan sien.
  • daar nog ’n voorwerp, soos ’n stuk glas, skêr of mes, in die wond is. Moenie die voorwerp verwyder nie, die sny sal dan net kwaaier bloei.
  • die persoon wat die snywond opgedoen het nog nooit ’n klem-in-die-kaak-inspuiting gehad het nie.
  • die wond nog erg pyn langer as vier ure nadat dit tuis versorg is.
  • die wond steke nodig het. Dit moet binne agt ure gebeur, want die wond begin dadelik heel en ná ‘n lang tyd sal dit moeilik vasgroei.

STAP-VIR-STAP BEHANDELING: Hoe behandel ek ’n ernstige snywond voorlopig tot die pasiënt professionele hulp kry?

  1. Los enige voorwerp wat in die wond is net daar.
  2. Was jou hande deeglik.
  3. As jy handskoene byderhand het, trek dit aan.
  4. Gebruik ’n skoon handdoek, lap of steriele gaasverband en plaas direk op die wond.
  5. Druk hard op die lap wat op die wond is. Die drukking help om die bloeding te stop.
  6. Terwyl drukking toegepas word, bel die nooddiens om hulp.

Hoe behandel ek geringer snywonde tuis?

  1. Was jou hande deeglik.
  2. As jy handskoene byderhand het, trek dit aan.
  3. Gebruik ‘n skoon handdoek, lap of steriele gaasverband en plaas direk op die wond.
  4. Druk 20 minute hard op die lap wat op die wond is. Die drukking help om die bloeding te stop.
  5. Was die wond versigtig, maar deeglik, met warm seepwater.
  6. As die wond op ‘n vinger of hand is, verwyder ringe om ongemak te vermy as daar verdere swelling plaasvind.
  7. Om onmiddellike pyn te verlig en om swelling te verminder plaas ’n yspak op die wond. Moet die nie langer as 10 minute op ’n slag daar hou nie.
  8. As die wond op ’n arm of been is, lig die ledemaat vir die eerste 24 uur bo die hart.
  9. Wend antiseptiese salf aan.
  10. Moenie alkohol gebruik op die wond nie, want dit veroorsaak kwaai brandpyn en help nie met die ontsmetting nie.
  11. Moenie wonde op die gesig verbind of toeplak nie. Los oop spdat dit lug kan kry.
  12. Draai ’n steriele verband om snye op ledemate.
  13. Bad of stort soos gewoonlik daagliks en maak dan die wond versigtig skoon onder die water.
  14. Vervang die wondbedekking daagliks of gereelder as dit nat word.
  15. Kyk elke dag vir tekens van infeksie. (Sien onder volgende hofie)
  16. Spreek jou dokter wanneer ’n snywond nie binne twee weke genees nie.

Wat is die tekens van ontsteking?

  • Snywonde gaan gewoonlik gepaard met teerheid, rooiheid, swelling en pyn. Die simptome moet binne 10 tot 14 dae verdwyn, anders moet jy liewer ’n dokter spreek.
  • As die simptome erger word, pleks van beter, wys dit daar is dalk ontsteking.
  • Koors is ’n teken van ontsteking.
  • As die wond etter (’n gelerige, onwelriekende vloeistof) uitskei, moet jy liewer mediese raad inwin.

Wat het ek in my noodhulpkissie nodig?

  • handskoene
  • steriele gaas
  • steriele verbande
  • pleisters
  • antiseptiese salf

So kan jy dehidrasie voorkom:

  • Gebruik beskermende klere en toerusting wanneer jy aan sport soos fietsry en krieket deelneem.
  • Wees versigtig wanneer jy sonder skoene loop.
  • Dra jou veiligheidsgordel in die motor.
  • Pasop vir enige gebreekte voorwerpe op die strand of in die see of swembad.

TV-gids Woensdag 4 Desember

$
0
0

Modern Family

Wat is vanaand op die kassie?

17:30 Woef & Kie (kykNET): Ons ontmoet ’n splinternuwe ras in Suid-Afrika: die Duitse jagterriër en leer meer oor die vinnigste hond ter wêreld: die windhond.

18:30 7de Laan (SABC2): Is Gita se nuwe assistant so onskuldig soos sy voorgee? Kan Nadia Herman oortuig om haar Plettenbergbaai toe te laat gaan vir die vakansie?

19:31 Modern Family (M-Net): Claire keer terug na haar werk en Cam begin in ’n nuwe onderwyspos.

19:30 Kwêla (kykNET): Coenie kuier saam met die aktrise Anna-Mart van der Merwe, walvisoperateur Lloyd Edwards van Algoabaai, skryfster Riana Scheepers en modeontwerper Simon Rademan.

20:30 Glee (M-Net Series Showcase): Die Hoërskool McKinley kom almal bymekaar om die lewe van die ontslape Finn Hudson te vier.

20:33 The Ultimate Braai Master (SABC3): Die laaste drie spanne kom te staan voor ’n moeilike uitdaging en iemand moet aan die einde daarvan huis toe gaan.

21:30 Family Tree (M-Net): Slot. Monk en Pete gaan strand toe op hulle laaste dag in Kalifornië.

 

 

 

 

Nuwe app onthul wie jou heimlik op Facebook haat

$
0
0

frenemies

Daar is ’n nuwe app wat jou kan help uitken wie nie baie van jou hou op Facebook nie.

HateWithFriends.com is die jongste sosialenetwerk-app wat jou in staat stel om valse vriende uit te wys. Die diens wys ’n lys van jou Facebook-vriende en dan kan jy onder die mense se gesig klik met wie jy nie langs dieselfde vuur sit nie.

Die betrokke partye word per epos in kennis gestel en dan weet julle albei dat julle vriendskap op Facebook gegrond is op leuens.

Chris Baker, wat voorheen die kreatiewe direkteur by BuzzFeed was, het hierdie ongewone sosiale app ontwikkel.

Daar is egter diegene wat reken dat die app onnodig is omdat jy bloot die mense van wie jy nie hou nie, kan verwyder sonder dat jy hulle hoef sleg te sê.

Hoewel kritici die app bevraagteken, meen Baker dit moet met ’n knippie sout geneem word. Hy het aan ABC News gesê dat dit “pret moet wees en sosiale kommentaar op die huidige stand van Facebook moet lewer”.

Bron: MailOnline

Snoekviskoekies met vyeslaai

$
0
0

WEB 19 NOV

Lewer 12 viskoekies
Bereidingstyd: 10 minute
Verkoeltyd: 30 minute
Gaarmaaktyd: 2 minute vir elke klompie van 4

VISKOEKIES

500 g aartappels, geskil en in blokkies gesny
450 g gerookte vis, gevlok
1 ui, gerasper
30 ml (2 e) appelkooskonfyt
skil van 1 suurlemoen
2 ml (½ t) brandrissievlokkies
15 ml (1 e) fyngekapte pietersielie
sout en peper
375 ml (1½ k) meel
2 eiers, geklits
375 ml (1½ k) broodkrummels
80 ml (⅓ k) olie vir braai

SLAAI

45 ml (3 e) olyfolie
15 ml (1 e) rooiwynasyn
’n paar kruisementblare, gekap
sout en peper
120 g roket
4 vye, in kwarte gesny
2 wiele fetakaas, gekrummel
50 g okkerneute, grof gekap

 

1.     Kook die aartappels tot sag, dreineer goed en maak fyn tot glad.
2.     Meng die kapokaartappel, vis, ui, konfyt, suurlemoensap, brandrissievlokkies en pietersielie goed. Geur met sout en peper. Vorm in koekies so groot soos jou palms en sit eenkant.
3.     Plaas die meel in ’n vlak bak, die eiers in nog een en die broodkrummels in ’n derde. Doop die viskoekies eers in die meel, dan in die eiers en laastens in die broodkrummels. Pak die gekrummelde viskoekies op ’n skinkbord of bord en verkoel ’n halfuur in die koelkas.
4.     Verhit die olie in ’n pan en vlakbraai die viskoekies tot goudbruin weerskante. Dreineer op kombuispapier en sit eenkant.
5.     Klits die olie, asyn en kruisement saam en geur met sout en peper. Plaas die roket in ’n slaaibak, strooi die vye, feta en neute oor en bedruip met die slaaisous.
6.     Sit die viskoekies saam met die slaai voor.

Simeon – Dis Kersfees Vir My

$
0
0

Simeon se enkelsnit “Dis Kersfees Vir My” is nou op iTunes beskikbaar


Weer: Temperature vir 5 Desember 2013

$
0
0

Alexanderbaai……..14 24
Beaufort-Wes………12 25
Bethlehem…………11 22
Bloemfontein………12 28
Calvinia………….12 31
Cradock…………..10 25
De Aar……………11 29
Durban……………21 24
Emalahleni………..16 26
Ermelo……………13 18
George……………15 20
Graaff-Reinet……..11 25
Grahamstown……….10 21
Johannesburg………15 25
Kaapstad………….15 24
Keetmanshoop………16 36
Kimberley…………12 31
King Williams Town…12 23
Klerksdorp………..16 29
Ladysmith…………17 22
Lephalale…………21 33
Mafikeng………….18 32
Mokopane………….18 29
Musina……………20 28
Nelspruit…………18 22
Oos-London………..16 21
Oudtshoorn………..13 26
Phalaborwa………..19 26
Pietermaritzburg…..18 21
Polokwane…………15 26
Port St Johns……..18 21
Port-Elizabeth…….14 22
Potchefstroom……..16 32
Pretoria………….17 28
Queenstown………..13 23
Richardsbaai………22 25
Riversdal…………14 23
Rustenburg………..18 28
Skukuza…………..20 25
Springbok…………19 34
Standerton………..12 24
Sutherland………..06 27
Tzaneen…………..17 24
Umtata……………14 21
Upington………….18 36
Vereeniging……….16 24
Vredendal…………15 35
Vryburg…………..14 33
Walvisbaai………..15 23
Welkom……………14 28
Windhoek………….19 35
Worcester…………13 28

Wag kyk hoe Bieber slaap

$
0
0

justin7

Justin Bieber is so paranoïes oor die moontlikheid dat ’n aanhanger by sy hotelkamer kan inbreek, hy het ’n sekuriteitswag wat by hom sit terwyl hy slaap.

Die 19-jarige sanger raak glo so “paranoïes” daaroor dat hy ’n “span reuse” aangestel het om hom 24 uur per dag te bewaak. Hy het selfs twee op bystand wanneer sy gereelde lyfwagte ’n blaaskans nodig het.

“Justin kan nie nou saans alleen gelaat word nie. Hy is paranoïes oor aanhangers wat by sy kamer sal inbreek en hy hoor heeltyd geluide,” sê ’n bron.

“Dit dryf hom tot raserny. Behalwe vir die lyfwag in sy kamer en een buite, het hy ook twee op bystand om oor te vat wanneer die ouens ’n blaaskans nodig het. Al die stewige manne staan sowat 1,8 m in hul sokkies en weeg gemiddeld meer as 110 kg. Hy wil ’n groep reuse hê wat hom beskerm.”

Selfs wanneer sy Believe-wêreldtoer volgende week in Australië eindig, is daar geen planne om van die lyfwagte ontslae te raak nie. “Justin het een wat oor hom waghou terwyl hy slaap en beplan om dit so te hou wanneer die toer verby is.”

En die wagte is nie genoeg nie; die tienerster het onlangs “gesmeek” sy ma, Pattie Mallette, wat onlangs ’n boek, Nowhere but Up: The Story of Justin Bieber’s Mom, uitgereik het, moet saam met hom reis. “Hy het sy ma, Pattie, gesmeek om hom na die meeste van sy konserte te vergesel.”

Herken so ’n Modimolle-monster

$
0
0

 Zelda la Grange, wat vir ons oor geweld teen vroue en kinders blog, wonder wat ons uit die opspraakwekkende verminking en verkragting van Ina Bonnette kan leer.

Clipboard01

Johan Kotzé is twee keer lewenslank gevonnis weens die moord op sy stiefseun Conrad Bonnette en die verkragting van Ina Bonnette. Hy is ook tot 25 jaar tronkstraf gevonnis weens ontvoering en aanranding.

EK WAS tegelyk gefassineer en verskrik deur die storie van Ina Bonnette, wat deur haar vervreemde man, Johan Kotzé, gemartel en vermink is omdat sy van hom wou skei. Hy het ook haar seun vermoor en drie mans betaal om haar te verkrag.

Ek het in die argief gaan rondkrap en ’n verslag gevind in ’n uitgawe van die Volksblad van Januarie 2012 wat voor Kotzé se inhegtenisname geskryf is, toe die polisie hom nog gesoek het. Tydens die soektog het ’n klomp interessante besonderhede na vore gekom.

Hy het verskeie ander lewens ook verwoes, onder meer dié van ’n Bloemfonteinse vrou. Haar seuns het gesê sy het selfmoord gepleeg nadat Kotzé haar finansieel uitgeroei en haar hart gebreek het. Ek het hom begin bestudeer en agtergekom elke keer as ’n man op die voorblaaie beland weens soortgelyke voorvalle, was die tekens altyd dieselfde. Hy beheer vroue: finansieel, emosioneel en fisiek. Hoe vind hy hierdie vroue – of is hulle aangetrokke tot hom?

Dit het my laat dink aan respek en hoe vroue behandel word. Die probleem lê nie by die Bloemfonteinse vrou of by Ina nie. Die probleem is dat ons in ’n wêreld woon waar ons behep is met gelykheid, maar terselfdertyd het ons reëls oor hoe ’n man ’n vrou behoort te behandel.

Die slegste ding wat ons kan doen, is om ons dogters groot te maak met die idee dat ’n man hulle soos ’n prinses of goud moet behandel. Ek glo hy moet jou soos ’n gelyke behandel want dan sal hy jou meer respekteer. As hy jou as ’n gelyke behandel, wys dit hy respekteer jou weens jou intellek – ons is tog al lank verby die tyd dat vroue as die swakker vat beskou is. Dis waarom die meeste geslaagde huwelike op ’n sterk vriendskap gegrond is, en dis die basis van respek.

16_days_logo_englishMEDIUM - Zelda

Zelda picSMALL  Zelda  la Grange blog tot 10 Desember elke weekdag  vir ons tydens die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders. Dié bekende en gewilde vrou werk steeds as Madiba se persoonlike assistent vir die Nelson Mandela-stigting en hou ook motiveringspraatjies. Sy is aktief betrokke by projekte soos Bikers for Mandela Day en Sisters with Blisters in haar rol as beskermvrou van die 1st for Women Insurance-trust. Een van haar lewensdoelstellings is om SA vroue te help bemagtig

Malvapoeding

$
0
0

WEB 20 NOV

Genoeg vir 8 mense
Bereidingstyd: 12 minute
Baktyd: 50-55 minute

30 ml (2 e) botter
250 ml (1 k) suiker
2 eiers
30 ml (2 e) asyn
10 ml (2 t) koeksoda
60 ml (¼ k) appelkooskonfyt
500 ml (2 k) koekmeel
250 ml (1 k) meel
knippie sout

SOUS
500 ml (2 k) melk
375 ml (1½ k) kookwater
375 ml (1½ k) suiker
60 ml (¼ k) botter
45 ml (3 e) vanielje-ekstrak

1.     Voorverhit die oond tot 180° C. Smeer ’n oondvaste bak met kleefwerende sproei.
2.     Room die botter, suiker en eiers saam.
3.     Meng die asyn en koeksoda en voeg by die konfyt.
4.     Sif die meel in ’n bak. Voeg die geroomde botter- en konfytmengsel by en meng terwyl jy die melk en sout ingooi om ’n beslag te vorm. Giet die beslag in die voorbereide bak en bak 55 minute of tot goudbruin.
5.     Bring die bestanddele tot kookpunt in ’n klein kastrol terwyl jy gereeld roer.
6.     Giet die sous oor die poeding wanneer dit uit die oond kom.

Sit warm voor met roomys of vla.

Wanneer gaan ons leer?

$
0
0

Geweld teen vroue en kinders is besig om handuit te ruk, en steeds sit Suid-Afrika handjies gevou – nes voorheen met MIV/vigs, sê ons blogger Zelda la Grange.

VROEG in die 2000’s was Suid-Afrika hard aan die stry teen die MIV/vigs-pandemie. Ons het besef dat ons te min aandag aan die probleem geskenk het en die infeksiekoers was so hoog dat 700 tot 800 mense elke dag aan vigsverwante siektes dood is. Die regering het die erns van die probleem ontken.

Twee dinge is baie duidelik as ek aan daardie tyd terugdink en hoe dit ooreenkomste toon met die huidige situasie van geweld teen vroue en kinders in Suid-Afrika. Die eerste is dat ons in ’n “kom ons wag en kyk”-groef verval het en toelaat dat ’n krisis soortgelyk aan die MIV/vigs-pandemie handuit ruk voor ons regtig iets daaraan doen. Ons skrik eers wakker as die statistiek regtig skokkend word.

Hoeveel vroue moet nog deurmaak wat Anene Booysen Ina Bonnette moes deurmaak voor ons iets doen aan die geweld waarmee vroue en kinders te kampe het?

Die tweede ding is dat dit duidelik is dat wanneer ons met geweld teen vroue en kinders te doen het, ons kultureel nie geleer het om respekvol en ernstig oor seks in ons gesin en sosiale omgewing te gesels nie. Dit was ook een van die probleme met MIV/vigs. Dis taboe om oor seks te praat en volwassenes vermy die gesprek as kinders betrokke is. Ons kan nie ’n probleem hanteer as ons nie openlik daaroor praat nie.

Vandag verskaf die regering darem al antiretrovirale middels aan mense, maar daar is geen middel wat help vir die siel van ’n kind of vrou wat vir altyd die letsels van geweld of verkragting sal dra nie.

Hoe lank nog voor ons iets prakties aan die probleem doen?

16_days_logo_englishMEDIUM- Zelda

Zelda picSMALL Zelda  la Grange blog tot 10 Desember elke weekdag  vir ons tydens die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders. Dié bekende en gewilde vrou werk steeds as Madiba se persoonlike assistent vir die Nelson Mandela-stigting en hou ook motiveringspraatjies. Sy is aktief betrokke by projekte soos Bikers for Mandela Day en Sisters with Blisters in haar rol as beskermvrou van die 1st for Women Insurance-trust. Een van haar lewensdoelstellings is om SA vroue te help bemagtig.

Viewing all 9424 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>