Die 6 m hoë kameelperd, Perdy, het onlangs besoekers aan die Johannesburgse Leeupark se mond laat oophang toe hy rustig die restaurant binnedrentel om ’n bietjie rond te snuffel.
Die verbaasde restaurantgangers het verskeie video’s gemaak van hoe Perdy sowat ’n minuut rustig in die restaurant rondloop en ontevrede na die kos kyk.
“Hoe verduidelik jy dit vir iemand?” wou ’n geskokte besoeker in die video by ’n ander weet.
Maar gelukkig het al die besoekers kalm gebly en later grappies gemaak van die vreemde gedoente.