Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Prins Charles gewilde keuse as koning

$
0
0

Die meeste Britte meen prins Charles moet oorneem as koning, volgens ’n nuwe peiling.

’n Opname deur YouGov toon 42 persent van respondente wil hê koningin Elizabeth (87) moet die troon laat vaar ten gunste van haar oudste seun, terwyl net 36 persent dink sy moet aanhou regeer.

En vir die eerste keer die afgelope 10 jaar het Charles sy seun, prins William, verbygesteek as die gewilde keuse om as die staatshoof oor te neem. Hy het 53 persent van die stemme gekry, vergeleke met die 31 persent wat William verkies.

Dit is in skrille kontras met ’n soortgelyke opname voor William se troue met hertogin Catherine, voorheen bekend as Kate Middleton, in 2011. Toe was net 38 persent ten gunste van Charles as die monarg, terwyl 44 persent wou hê sy seun moes die troon bestyg.

Charles se biograaf, Jonathan Dimbleby, het opgemerk: “Charles het nie baie verander nie, maar ál meer mense erken die ware prins van Wallis.”

En ná berigte dat Charles en sy ma personeeluitgawes baie besnoei het, het die opname, wat deur die Sunday Times aangevra is, getoon 75 persent mense steun ’n “werkverdeling” tussen die twee terwyl net 13 persent daarteen gekant is.

Peter Kellner, die voorsitter van YouGov, sê: “Die koningin is op ’n buitengewone ouderdom en Charles het (die afgelope vyf jaar) baie openbare goedkeuring herwin.

“Mense is nou baie gemaklik daarmee dat hy ’n beduidend groter rol kry.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>