Die blokkies is die kitsweergawe van Romany Creams.
Lewer 50 blokkies
Bereiding: 15 minute
Baktyd: 20-30 minute
KOEKIES
500 ml (2 k) koekmeel
30 ml (2 e) kakao
10 ml (2 t) bakpoeier
500 ml (2 k) hawermout
500 ml (2 k) klapper
250 ml (1 k) suiker
350 g botter of blokmargarien, gesmelt
VERSIERSEL
500 ml (2 k) versiersuiker
10 ml (2 t) kakao
10 ml (2 t) botter of margarien, gesmelt
50 ml warm water
Voorverhit die oond tot 190 °C. Smeer 2 oondpannetjies van 19 x 19 cm met botter of margarien.
- KOEKIES Sif die meel, kakao en bakpoeier saam. Voeg die hawermout, klapper en suiker by en meng goed.
- Roer die botter of margarine by en meng deur tot goed aangeklam.
- Skep in die pannetjies en druk vas. Bak 20-30 minute tot gaar en stewig, maar nog sag.
- Verwyder uit die oond en laat effe afkoel tot stewig genoeg om die versiersel oor te smeer.
- VERSIERSEL Sif die versiersuiker en kakao saam.
- Voeg die botter en warm water by en meng tot ’n stywe pasta.
- Smeer oor die koeklaag terwyl nog warm. Laat heeltemal afkoel en sny in blokke.
Bêre in lugdigte houers.
Sjokolade-fudge-blokkies