Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

My magtig, ’n pers tamatie!

$
0
0

Die wêreld se eerste pers tamaties gaan binnekort geoes word. En moenie jou bekommer nie, dis geen Aprilgrap nie.

Britse wetenskaplikes het dié geneties gemanipuleerde tamaties ontwikkel. Dit word in Kanada gekweek waar wetgewing oor GM voedsel buigsamer is.

Dié pers tamaties word in ’n glastonnel in Ontario gekweek en sal na verwagting 2 000 L tamatiesap lewer wat in navorsing gebruik sal word.

Die unieke kleur van dié tamaties is te danke aan pigmente wat natuurlik in bessies soos braambessies en bloubessies voorkom, wat by die GM tamaties gevoeg word, sê die wetenskaplikes van die John Innes-sentrum.

Dié pigmente kan moontlik beskerming teen sekere soorte kanker en kardiovaskulêre siektes bied.

Kyk hier ’n video om nog oor dié unieke tamaties te wete te kom:

Bronne: Daily Mail, Huffingon Post, YouTube


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>