Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Vyf feite oor die nuwe tenniskampioen Stanislas Wawrinka

$
0
0

Die Switserse tennisspeler Stanislas Wawrinka (28) het sy eerste Grand Slam-titel Sondag gewen toe hy ’n beseerde Rafael Nadal in die eindstryd van die Australiese Ope klop.

Hy was aan die begin van die toernooi agtste op die wêreldranglys, maar het intussen opgeskuif na die derde plek op die enkelspelranglys. Hier is vyf feite oor die nuwe tenniskampioen:

  1. Hy het ’n tatoe op sy linkervoorarm. Dis ’n aanhaling van die Ierse digter Samuel Beckett: “Ever tried. Ever failed. No matter. Try Again. Fail again. Fail better.” Sy vierjarige dogtertjie Alexia se naam is op sy hand getatoeëer.
  2. Hy het op agt begin tennis speel.
  3. Die tennislegende John McEnroe is ’n aanhanger en sê die Switserse speler “het die beste eenhand-handrughou in die spel op die oomblik”.
  4. Hy is getroud met die Switserse TV-aanbieder Ilham Vuilloud. Hulle is in 2011 uitmekaar, maar het intussen versoen geraak.
  5. Hy is ’n Olimpiese kampioen; hy het goud by die Olimpiese Spele in Beijing in 2008 in die dubbelspel gewen. Hy het saam met sy vriend en landgenoot Roger Federer gespeel.

- Petro-Anne Vlok

BRONNE: metro.co.uk, espn.go.com, atpworldtour.com


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>