Karlien van Jaarsveld en Derick Houghaard mag dalk hul hande vol hê met hul tweeling, Eliah en Daniël as nuwe ouers, maar dit beteken nie hulle het hul sin vir humor verloor nie! Karlien het hierdie video, waar sy speels rond dans, op die sosiale netwerk Instagram geplaas. En dit is boonop duidelik op die video dat sy haar figuur terug het, nadat sy net voor Kersfees geboorte aan hul tweeling gegee het.