Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Justin Bieber agter tralies

$
0
0


Hierdie video wys glo hoe Justin met die geel Lamborghini jaag.

Die 19-jarige Kanadese ster Justin Bieber is in aanhouding by ’n polisiekantoor, bevestig bronne in die polisie.

Biebs het glo gisteraand ’n nagklub besoek en beamptes het hom laat aftrek nadat hy in ’n gehuurde geel Lamborghini aan ’n versnelren deelgeneem het.

Foto’s is aanlyn geplaas van waar hy voor die spoggerige supermotor poseer en deur ’n vriendin in die motor rondgery word, maar dit is sedertdien verwyder. Nog inligting is nie dadelik beskikbaar nie, maar ons wil net weet waar is Justin se ouers? En dink hulle nie dit is tyd dat hulle ingryp nie?

Die jongste herrie kom net ’n week nadat die polisie sy huis deursoek het omdat hy na bewering bure se huis in sy omheinde woonkompleks in Calabasas, Kalifornië, met tot 20 eiers bestook het.

Die beroemde tiener is in 2012 deur beskuldigings van roekelose bestuur in die gesig gestaar, maar die aanklaers het toe besluit om hom nie te vervolg nie.

Stuur hy af op ’n ineenstorting soos Britney Spears?


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>