Jy kan Vrydag en Sondag ’n paar Leon Schuster-flieks kyk, maar as jy in ’n bui is vir aksie is daar niemand beter as die vegkunstenaar Jackie Chan nie. Daar is ook ’n paar goeie flieks vir die jongspan.
Vrydag 24 Januarie
Mama Jack
SABC3 20:30
As jy smag na ’n bietjie ligte vermaak is ’n Leon Schuster-fliek net die ding vir jou. In hierdie een probeer hy vir die polisie wegkruip deur hom soos ’n huishulp in ’n welaf buurt te vermom. Maar om hom voor die potte en die strykplank af te sloof is nie so maklik as wat hy gedink het nie…
Snake In The Eagle’s Shadow
e.tv 20:30
As jy aksie verkies, kyk hoe Jackie Chan in dié fliek oor ’n jong seun wat as ’n skoonmaker in ’n kung fu-skool werk vegkuns deur laataand te werk en te kyk hoe die dojo sensei sy kuns bemeester.
Saterdag 25 Januarie
The Chronicles Of Narnia: The Voyage Of The Dawn Treader
e.tv 20:00
’n Avontuur vol pret vir die kinders. Hierdie keer is Lucy, Edmund en hul neef Eustace terug in die betowerende koningkryk en hulle onmoet Prins Caspian vir ’n seevaart op sy koninklike skip, die Dawn Treader.
Sondag 26 Januarie
Bee Movie
e.tv 13:00
Jerry Seinfeld is die stem van die hoofkarakter in die oulike animasieprent oor ’n by wat ’n spesiale reis buite die byekorf maak en ontdek mense steel bye se heuning. Hy besluit om die mensdom te dagvaar. Larry King maak ook ’n snaakse “verskynsel”.
Mr Bones 2
SABC3 19:30
As jy ’n aanhanger van Leon Schuster is, skuif gerus weer voor die kassie in. In dié fliek speel hy die gewilde wit toordokter Dr Bones, wat sy hande vol het wanneer een van sy voorvaders, ook ’n wit toordokter, deur tyd reis na hedendaagse Durban om ’n vervloekte edelsteen aan sy regmatige eienaar terugbesorg.