Bruce Jenner het glo die naweek ’n operasie ondergaan om sy adamsappel te verklein.
Die eertydse Olimpiese gouemedaljewenner, wat in Oktober bekendgemaak het hy skei ná ’n huwelik van 22 jaar van Kris Jenner, is Sondag by die Beverly Hills chirurgiese sentrum in Los Angeles sien uitstap. Hy het glo daar ’n strottehoof-skawing ondergaan om die knop aan sy keel te laat glad maak nadat hy die prosedure in Desember met ’n dokter bespreek het.
’n Bron het aan die National Enquirer gesê die 64-jarige Keeping Up with the Kardashians-ster het die operasie ondergaan om sy adamsappel te verklein.
Bruce het die verbande onder sy ken probeer wegsteek toe hy by die kliniek uitstap deur sy blou Nike-top toe te rits.
Middel Desember het hy volgehou hy het nog nie besluit of hy die operasie wil ondergaan nie, wat gewoonlik uitgevoer word op pasiënte wat in die eerste fase van ’n geslagsverandering is, maar gesê: “Ek het net nog nooit van my tragea gehou nie.”
Bruce het ses kinders, onder meer die modelle Kendall (18) en Kylie Jenner (16), en vier stiefkinders, onder wie Kim Kardashian, en het in September ’n prosedure ondergaan om kankerselle aan sy neus te verwyder.
Die uitgetrede sportman was ook in 2009 onder die mes om ’n mislukte neusoperasie en gedeeltelike gesigsontrimpeling reg te stel wat hy in 1984 laat uitvoer het. Dit is uitgebeeld op sy gesin se E!-reeks.