Die getalle-ry “123456” het “password” verbygesteek as die algemeenste internetwagwoord, sê ’n aanlynveiligheidsonderneming.
SplashData het hul jaarlikse lys swakste wagwoorde bekendgestel. Hulle sê dit is die eerste keer dat password nie die eerste plek beklee nie, maar met sy numeriese mededinger plekke ruil.
In die derde plek is “12345678”, onveranderd van 2012, terwyl “qwerty” en “abc123” vierde en vyfde is. “iloveyou” het twee plekke opgeskuif na nommer nege.
SplashData sê die veranderde resultate is ’n groot veiligheidsleemte by Adobe-sagteware wat die wydverspreide gebruik van swak wagwoorde onder gebruikers van Adobe-produkte soos Photoshop blootlê.
“Om (die eerste keer) wagwoorde soos “adobe123” en “photoshop” op die lys te sien bied ’n goeie herinnering om nie jou wagwoord te grond op die naam van die webtuiste of toepassing waartoe jy toegang verkry nie,” sê Morgan Slain, die uitvoerende hoof van SplashData, ’n onderneming wat apps vir wagwoordbestuur bemark.
Nes ander wagwoordkenners, moedig SplashData internetgebruikers aan om parafrases te gebruik; dis ’n rits lukrake woorde, getalle en karakters. Dis makliker om te onthou, maar moeiliker vir aanlyn bedrieërs om te kraak. – SAPA
Hou jou wagwoorde veilig
Om al jou wagwoorde te onthou kan dalk in ’n nagmerrie ontaard. Keeper is ’n app wat jou toelaat om net een wagwoord te onthou. Met dié app kan jy al jou wagwoorde op een plek bêre en dit met jou hoofwagwoord beveilig.
Jy hoef ook nie te bekommer dat jou persoonlike inligting deur die app bekom kan word nie. Aktiveer eenvoudig die “selfverwoes”-opsie wat outomaties al jou data sal uitvee as jy vyf keer onsuksesvol probeer aanteken.
Die app het ook ’n ingeboude wagwoordvoortbrenger wat voorstelle kan maak as jy nie aan ’n nuwe wagwoord kan dink nie. – Kirstin Buick
Keeper is gratis beskikbaar in die iTunes App Store en op Google Play.