Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Hoe om jou SUPER (positiewe) KRAGTE in te span!

$
0
0

Ons het ’n baie koel ding onlangs uitgevind hier by Hei Jy!: Daar is mense met superkragte om ons. Sluk jy swaar daaraan? Dink dan hieraan: Ken jy iemand vir wie alles net perfek uitwerk? Ons het die sielkundige Meredith Fuller gevra om te verduidelik. En sy sê hoewel dit nie dieselfde is as om onsigbaar te raak of voorwerpe met jou gedagtes te beweeg nie, het dié mense wel ’n soort “superkrag” – ’n positiewe houding! “As jy positief is, word mense na jou toe aangetrek en daarom raak jy soos ’n magneet en trek positiewe dinge aan,” sê sy.

Span jou positiewe superkragte in

OP OUENS

Die manlike spesies is veral ontvanklik vir die mag van positiwiteit. “Ouens word aangetrek deur glimlagte en ’n lekker geselsie,” sê Meredith. Sy sê ’n positiewe houding laat jou uitstaan teen die meisies wat heeltyd kla of verveeld lyk. Phoebe (16) kan hiervan getuig. Sy was in haar noppies toe sy gewone klere skool toe kon dra omdat sy ’n koel nuwe uitrusting gehad het om aan te trek. En toe sê die ou op wie sy ’n ogie het vir haar sy “lyk pragtig”. “Ek was sprakeloos,” sê sy. Meredith sê Phoebe het gestraal van positiwiteit en haar glimlag en selfversekerde lyftaal het dit vir hom makliker gemaak om met haar te gesels.

OM VRIENDE TE MAAK

Of jy nou by jou niggie se verjaardagpartytjie is of met vakansie saam met die familie, as jy in ’n plek is waar jy niemand kan nie, kan dit nogal erg ongemaklik (en eensaam) raak. Maar as jy ’n positiewe houding het as jy nuwe mense ontmoet, kan jy die ongemaklikheid in iets koels omskep. Meredith sê jy moet onthou ander mense is net so senuweeagtig om met jou te gesels as wat jy is. “Gaan na iemand en sê: ‘Hi. Ek is so en so’. Jy hoef nie iets slim te sê nie, net hallo. Mense weet dikwels nie wat om te sê nie, maar as jy dit vir hulle makliker maak, sal hulle van jou hou.”

OOR OUERS

As jy vir jou ouers wys jy het ’n positiewe houding, sal hulle voel hulle kan jou meer vertrou, sê Meredith. Lauren (14) sê vandat haar ouers haar positiewe houding opgemerk het, is sy toegelaat om meer uit te gaan. “Ek het hulle oorreed om my te vertrou om saam met vriende uit te gaan sonder volwasse toesig deur verantwoordelik op te tree en nie agter hul rug te konkel nie,” sê sy. En wat is Meredith se plan van aksie vir ouers? “Wees bereid om hulle tegemoet te kom, erken as jy verkeerd is, wys vir hulle wat jy geleer het – en waardeer die feit dat hulle doen wat hulle doen omdat hulle lief is vir jou.”

BLINK UIT OP SKOOL

Die regte houding wat take en onnies betref, kan ’n goor skoollewe heeltemal omswaai. “Onderwysers hou daarvan as jy gemotiveer en entoesiasties is,” sê Meredith. Janine (15) het skool gehaat tot sy haar denkwyse verander het. “Ek het baie gesukkel met wiskunde en het toe net begin voortploeter,” sê sy. “Dinge het uiteindelik ’n krisispunt bereik, en ek was in trane daaroor in ’n vergadering met die onderwyser. Ek het besluit ek moes net my bes doen en tevrede daarmee wees. Ek het dadelik minder gespanne gevoel, kon beter konsentreer en my punte het verbeter.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!