Met ses albums agter haar naam, haar jongste is The Truth About Love, bly Pink immergewild.
- Haar geboortenaam is Alecia Beth Moore. Ma Judy is ’n verpleegster en haar pa, Jim, is ’n afgetrede Viëtnam-veteraan. Haar broer, Jason, is in die Amerikaanse lugmag.
- Sy is vegetaries en ’n groot ondersteuner van PETA (People for the Ethical Treatment of Animals).
- Sy het stemwerk – die karakter Gloria s’n – vir Happy Feet 2 gedoen.
- Sy het een keer ’n seiljag gehuur en op die Mediterreense waters gevaar en toe seesiek geraak en ’n rib gebreek toe sy gaan duik. Sy het later gesê dit was die “domste, duurste ding wat ek nog ooit gedoen het”.
- Dis “nogal ironies” om nou op MTV te wees, sê sy, omdat haar ma haar nie as kind toegelaat het om die kanaal te kyk nie. “Ek moes uitglip en dit by iemand anders se huis gaan kyk.”
- Wat verpes sy? “Valse mense en leuenaars.”
- Sy is op skool ’n moeilikheidmaker genoem, maar sê jy moenie jou bekommer oor wat ander mense jou noem nie. “Wag net so ’n paar jaar, dan sal dit nie meer saak maak nie. Dit maak nie saak wat hulle jou noem nie, die beste wat jy kan doen, is om hulle verkeerd te bewys.”
BRONNE: WWW.FAZE.CA, WWW.IMDB.COM