Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Dwelms in Justin Bieber se huis gevind

$
0
0

Justin Bieber se vriend Lil Za is vanoggend vir die besit van kokaïen in hegtenis geneem tydens ’n polisieklopjag op die sanger se herehuis.

Die polisie was in die 19-jarige ster se huis in Calabasas, Kalifornië, op soek na bewyse wat verband hou met die eiergooiery by sy bure se huis verlede week, en het Lil Za daarna vir dwelmbesit aangekla.

Lt. David Thompson van die polisie in Los Angeles het aan verslaggewers gesê: “Die kokaïen was duidelik sigbaar toe die polisie op soek was na ander bewysstukke. Justin word nie met die kokaïen verbind nie, behalwe dat die jong man in sy huis gewoon het.”

Lil Za, wie se regte naam Xavier Smith is, is ’n ou pel van Justin en woon glo al maande in die sanger van die liedjie Change Me se huis. David het bygevoeg dat Justin sy samewerking tydens die klopjag gegee het, maar omdat sy prokureur nie teenwoordig was nie, het hy nie “enige vrae beantwoord toe ons daar was nie”.

Hy het ook bevestig dat beeldmateriaal van veiligheidskameras in die ster se huis verwyder is as deel van hul ondersoek na die eiergooiery, waarin Justin ’n verdagte is, en waartydens sowat R217 000 se skade aan die bure se eiendom aangerig is.

’n Bron na aan die sanger het gesê hy is baie ontsteld oor die klopjag. ’n Vriend van die sanger het aan RadarOline.com gesê: “Hy is natuurlik baie ontsteld dat die polisie eintlik vrye teuels gehad het om sy persoonlike besittings in sy huis te deursoek. Justin is buite die huis gehou terwyl die polisie die huis deursoek het en verskeie polisielede het hom dopgehou.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>