Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Afrikaanse rolprent vir internasionale rolprentprys benoem

$
0
0

resensie-jimmy-in-pienk-review-movie

Die Afrikaanse rolprent Jimmy in Pienk is vir ’n internasionale rolprentprys benoem.

Dié komedie, wat Augustus verlede jaar in Suid-Afrika uitgereik is, kan moontlik ’n Beloit Internasionale Rolprentfees-prys in die kategorie beste vollengterolprent wen, wanneer dit tussen 14 en 24 Februarie op dié fees buite Chicago Amerika draai.

Die fliek handel oor ’n mielieboer en skaapskeerder wat noodgedwonge sy lewe op die plaas moet prysgee vir die stad, en daar die fynere kunsies van haarstilering moet baasraak om sy gesin uit ’n skuldput te red. Die akteurs Louw Venter, Terence Bridgett, Gys de Villiers, Tinarie van Wyk Loots en Shaleen Surtie-Richards speel daarin.

“Dis flippen great wanneer jou harde werk raakgesien word, en dit nogal in Amerika,” sê Louw vir Huisgenoot.

“Net om benoem te word beteken vir ons verskriklik baie.”

Hy’s nog onseker of hy die prysuitdeling gaan bywoon.

“Ek weet darem nie, maar as iemand dalk ’n ekstra vliegtuigkaartjie Chicago toe het wat iewers rondlê . . .” grap hy.

Die wenners word op 20 Februarie aangekondig.

– Christiaan Boonzaier


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!