Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Skilpad klop haas in ski-resies

$
0
0

ʼn Skilpad het ’n haas geklop in ’n Chinese ski-kompetisie vir troeteldiere en hul eienaars.

Katte en honde het kragte gemeet teen verskeie diere, onder meer ’n haan en ’n geel eend, berig die Chinese staatsbeheerde nuusdiens. Die resies het plaasgevind teen sneeubedekte hange in die provinsie Henan.

Die 40 mense-deelnemers kon hul diere op ski’s of sleë plaas, of aan ’n halsband lei terwyl hulle ski.

Die onverwagte uitslag herinner aan ’n ou Griekse fabel waarin ’n skilpad ’n haas klop: Die dopdraer het die haas geklop en die derde plek behaal.

Die berig lui: “Omdat die haas so graag wou spring en nie sy eienaar se opdragte gehoorsaam het nie, het die skilpad hom verbygesteek.”

Die skilpad, wat gewoonlik in die winter hiberneer, het glo op sy eienaar se ski-toerusting gery.

Foto’s toon ’n geel eend wat die hange aandurf in ’n spoggerige rooi das, met twee honde wat hom verstom aanstaar. Hoewel die eend laaste oor die wenstreep gewaggel het, hou sy eienaar ’n rooi eresertifikaat omhoog.

Die geveerde dierasie se “uithouvermoë het toeskouers sprakeloos van bewondering gelaat”, lui die berig.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>