Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

‘Mag ek nou skuldig pleit?’

$
0
0

’n Man wat daarvan beskuldig word dat hy drie van sy familielede met ’n byl doodgekap en nog twee probeer vermoor het, wil skuld beken, het die Vereeniging-streekhof Dinsdag gehoor.

“Mag ek nou skuldig pleit?” het die man gevra, kort ná hy deur die hof ingelig is dat hy vir waarneming na ’n psigiatriese inrigting gestuur sal word.

Hy het ’n blou denim, ’n grys trui en rooi-en-swart seilskoene aangehad.

Die 25-jarige man word daarvan beskuldig dat hy sy 60-jarige ouma en twee vroue van sy familie, onderskeidelik 26 en 28 jaar oud, met ’n byl doodgekap het.

“Die twee vroue het op die toneel gesterf. Die ouma het op pad na die hospitaal aan haar beserings beswyk,” het kapt. Disebo Selepe gesê.

Twee van die man se nefies, onderskeidelik 17 en 18 jaar oud, is beseer en is in ’n kritieke toestand na ’n nabygeleë hospitaal geneem.

Die man het ook ‘n sesjarige familielid aangeval, maar sy is nie beseer nie.

Hy het ná die aanval gevlug en is later in Tembisa in hegtenis geneem.

Dit is nog onseker wat die motief vir die aanval was.

Die staat het aangevoer die man het skuld op die moorde beken. Die staat sal borgtog teenstaan.

Talle plaaslike inwoners en sommige van die man se familielede het Dinsdag die hof volgepak.

Die landdros het twee familielede na vore geroep en hulle uitgevra oor die man se geestesgesondheid.

“Hy het geen geestelike stoornis onder lede nie,” het hulle aan die landdros gesê.

Die saak is tot 21 Januarie uitgestel sodat die man regshulp kan inwin.

Bronne: Sapa, Beeld.com


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!