Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Sean Penn raak vir Charlize Theron van sy vuurwapens ontslae

$
0
0

Sean Penn sê Charlize Theron het hom oorreed om van sy vuurwapens ontslae te raak. Hy gaan hulle in ’n kunswerk laat omskep.

Charlize Theron het Sean Penn oorreed om van sy vuurwapens ontslae te raak.

Die Oscar-wenner Sean (53) vertel Charlize het hom laat besluit om van die vuurwapens in sy huis ontslae te raak. Hy gaan hulle in ’n unieke beeldhouwerk laat omskep. Charlize se ma het haar pa doodgeskiet nadat hy sy wapen geskiet het in haar slaapkamer. Sy was 15.

Sean het Saterdagaand (11 Januarie) tydens sy sterbelaaide Help Haiti Home-gala in Beverly Hills verwys na “’n sterk vrou van Suid-Afrika”. Hy het nie Charlize (38) se naam genoem nie, berig EOnline.com. Sean en Charlize het onlangs begin uitgaan.

Hy het op die verhoog gesê: “Ek en die kunstenaar Jeff Koons het nou die dag gesels, ná die genoemde sterk vrou my uitgedaag het, en ek begin dink het hoe bevrydend dit sal wees om nie net van die vuurwapens ontslae te raak nie, maar hulle te vernietig. Die hoogste bieër kry elke enkele vuurwapen in die hande van hierdie ikoniese kunstenaar en beeldhouer . . . Koons sal al my lafhartige doodsmasjiene buite aksie stel.”

Die CNN-nuusleser Anderson Cooper het die kunswerk, wat nog gemaak moet word, vir sowat R15 miljoen gewen. Hy het gebie teen sy kollega Piers Morgan, wat op sowat R13 miljoen ophou bie het.

Charlize, die ma van ’n aangenome seuntjie, Jackson (2), het haar al uitgespreek ten gunste van strenger beheer oor vuurwapens in Suid-Afrika en Amerika.

Sy het gesê: “Jy moenie daardie goed by jou hê nie, want wanneer mense irrasioneel en emosioneel en dronk raak, kan verskriklike goed gebeur.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>