Genoeg vir 4 mense
Bereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 25 minute
UIESOUS
15 ml (1 e) olie
1 ui, gekap
3 knoffelhuisies, gekap
30 ml (2 e) tamatiesous
30 ml (2 e) blatjang
½ blik (200 g) gekapte tamaties
10 ml (2 t) fyn komyn
45 ml (3 e) worcestersous
WRAPS
4 x 200 g-volstruissteaks
30 ml (6 t) olie
sout en peper
2 murgpampoentjies, met ’n groenteskiller in dun repe gesny
4 mini-wraps, gerooster
- Uiesous: Meng die bestanddele vir die sous in ’n potjie en kook 5 minute oor lae hitte of tot goed gemeng en geurig.
- Wraps: Vryf die steaks met 20 ml (4 t) van die olie en geur met die sout en peper.
- Verhit ’n roosterpan oor hoë hitte. Sodra warm, voeg die steaks by en braai 5 minute of tot gaar genoeg na jou smaak weerskante. Sit eenkant om te rus.
- Bedek die murgpampoentjierepe met die oorblywende 10 ml (2 t) olie en braai 3 minute weerskante op die roosterpan. Sit eenkant.
- Sny die steaks in skywe en sit voor saam met die geroosterde wraps, murgpampoentjies en uiesous.