Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Wenke vir ouers op die eerste skooldag

$
0
0

Die eerste skooldag is ’n groot dag, nie net vir die kleintjies in die nuwe skoolklere nie; ook vir hul ma en pa. Hier is wenke wat die dag vir jou en jou kind makliker kan maak.

  • Staan lekker vroeg op sodat julle rustig ontbyt kan eet, genoeg tyd het vir ingeval daar ontsteltenis is en betyds by die skool kan wees. Jy wil nie hê jou kind se eerste skooldag moet gejaagd wees nie; dit sal ook meer spanning skep.
  • Maak seker jou kind verstaan die naskoolse reëlings, byvoorbeeld jy sal haar op presies dieselfde plek kom haal. As jy nie self daarby kan uitkom nie, bespreek met jou kind wie haar gaan kom haal.
  • Gee besonderse aandag aan pret. As jy saam met jou kind skool toe gaan, kyk saam na die speelterrein voor julle die gebou binnegaan. Kyk ook saam na die nuwe klaskamer en konsentreer op die goed wat jy weet hy van hou, soos: “Hier gaan julle lekker prentjies teken,” of: “Kyk, dis die leeshoekie! Jy gaan leer om hierdie boeke te lees.”
  • Dis reg en goed dat jy jou kind sy tas help pak; jy moet seker maak alles gaan saam skool toe. Maar moet dit nie doen sonder jou kind nie. Dit help veel jy onthou al die benodigdhede, maar wanneer die onderwyser daarvoor vra, kan jou kind dit nie opspoor.
  • Vertrou die onderwyser en vra haar hulp. Sy het waarskynlik baie meer ervaring as jy met ’n eerste grootskooldag en kan help ingeval jou kind jou nie wil laat gaan nie.
  • Lees die situasie en hou jou kind en die onderwyser dop vir tekens dat jy moet gaan. Moenie te lank rondhang wanneer dit groet-tyd is nie.
  • Moenie vir hulle sê jy gaan hulle mis nie; dit laat hulle dalk besef hulle gaan jou ook mis.
  • Dis ’n emosionele dag vir baie ouers, maar jou trane sal hulle ook hartseer of onseker maak. Moenie huil voor jy weer in die kar en op pad huis of werk toe is nie.

Bronne: Thejournal.ie, pbs.org, parentdish.co.uk


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>