Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Jou kinders en depressie

$
0
0

 

Vermoed jy jou kind is depressief? Hier vertel David Benn, ’n psigiater van Johannesburg, hoe jy kan agterkom of dit wel die geval is.

VOORSKOOL

Tekens
• ’n Skielike verandering in gedrag, soos ’n aktiewe kind wat bedags ál slaperiger word of ’n rustige kind wat hiperaktief word.
• Kry gereeld maag- en hoofpyn.
• Prikkelbaarheid.
• Is gereeld hartseer en huilerig.
• Geniet nie meer aktiwiteite wat voorheen vir hulle lekker was nie.
• Is oormatig klouerig aan ouers.
• ’n Gebrek aan eetlus en slaapprobleme.

Moontlike oorsake
’n Lelike egskeiding, ’n toesigstryd, siekte, middelmisbruik in die gesin, die dood van ’n ouer, goeie maat, broer of suster en liggaamlike of geestelike misbruik kan depressie veroorsaak. Die oorsake vir depressie by laerskoolkinders kan ook van toepassing wees.

LAERSKOOL

Tekens
• Skielik angstig oor skool toe gaan.
• ’n Verandering in slaappatrone.
• Beduidende gewigsverlies of -toename.
• Bekommer hulle gereeld of ontwikkel skielik ’n swak selfbeeld.
• Aggressiewe gedrag sonder aanleiding.
• “Depressiewe kinders kan ’n gebrek aan motivering hê om hul skoolwerk behoorlik te doen en dan verswak hul punte,” sê David. “Hulle sal belangstelling verloor in die goed waarvan hulle hou. Die kranige krieketspeler sal nie meer wil gaan oefen nie. Hulle kan hulle ook aan hul vriende onttrek.”
• Gereelde maag- en hoofpyn. “Kinders gee nie voor hulle het maagpyn nie; hulle het regtig maagpyn,” sê David. “Ouers neem dikwels hul kinders weens hierdie skete en pyne na hul huisdokter en ’n sensitiewe dokter sal depressie kan uitken.”

Moontlike oorsake
Die oorsake van depressie by voorskoolse kinders is ook van toepassing en sluit in die dood van ’n ouer, goeie maat, broer of suster, egskeiding, gesinskonflik, misbruik, om geboelie te word of groot lewensveranderinge, soos om na ’n nuwe skool te gaan of na ’n ander dorp te verhuis.

TIENERS

Tekens
• Traak nie oor hul voorkoms nie.
• Konsentreer moeilik.
• Is gedurig moeg.
• Vermy familie en vriende.
• Loop van die huis af weg.
• Ontwikkel selfdoodgedagtes of -optrede.
• Uiters sensitiwiteit vir mislukking.
• Swak selfbeeld.
• Verlies aan eetlus.
• Geniet nie meer aktiwiteite wat voorheen vir hulle lekker was nie.
• Huil dikwels en word maklik geïrriteerd en kwaad.
• Loop skool mis weens maag- en hoofpyn.
• Eksperimenteer met dwelms en drank.

Moontlike oorsake
Die oorsake by voorskoolse en laerskoolkinders kan ook van toepassing wees, asook die verbrokkeling van ’n romantiese verhouding of disfunksionele gesinsverhoudinge, soos oormatig kritiese ouers en ’n gebrek aan ouerlike ondersteuning.

WENKE VIR OUERS

As jy enige van die bogenoemde gedrag by jou kind begin opmerk, moet jy die volgende doen, sê Hanita Prag, ’n kliniese sielkundige van Port Elizabeth:

• Gaan vinnig tot aksie oor om onderliggende konflik by die huis op te los.
• “Ouers moet besonder ondersteunend wees as daar ’n depressiewe kind in die huis is,” sê Hanita. “Onvoorwaardelike liefde en aanvaarding speel ’n deurslaggewende rol. Kinders floreer ook op struktuur en dissipline in die huis, so stel grense.” Jou tienerkind moet byvoorbeeld ’n inkomtyd hê en ’n stokperdjie of aktiwiteit vind wat sy geniet en aan toegewy is.
• Wanneer depressie by jou kind gediagnoseer is, moet jy seker maak hy voel gemaklik by die sielkundige wat hy besoek. Indien nie, moet jy ’n ander terapeut soek.
• Laat weet jou kind se onderwyser en voorligter dat hy depressief is sodat hy ekstra ondersteuning by die skool kan kry.
• Moedig daaglikse oefening aan om jou kind se natuurlike goedvoelhormone ’n hupstoot te gee.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>