Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Blog: Sien skurwe hakskene reg

$
0
0

Ek kan dit nie verdra om growwe hakskene te hê nie. Die kleinste aanduiding van growwigheid pla my geweldig; daarom het ek altyd ’n voorraad skropmiddels en rome. In die somer is dit ’n weeklikse roetine (wel, amper; die koms van ’n baba het my my standaarde laat verslap).

Ek was nie altyd oor my hakskene besorg nie. Dit het jare gelede begin toe ek in my 20’s was. Een somer het ek in ’n supermark agter ’n groep modelle in die tou gestaan. Omdat ek kort is, het ek meer van hul voete as hul koppe gesien. En dit wat ek gesien het, het my bygebly.

Die toestand van een van die meisies se hakskene het haar skoonheid heeltemal oorskadu. Die aanskoue van diep krake vol vullis het my laat spaander om my eie voete te gaan ondersoek. Hulle het deurgeloop, maar nie te sleg gelyk nie, waarskynlik omdat ek destyds baie tyd op die strand deurgebring het en sand ’n uitstekende afskilferaar is.

Sedertdien het ek my eie pedikuurhulpmiddels en -roetine (week voete ’n paar minute, skuur hakskene en onderkant van voete met puimsteen, knip en vyl naels, smeer skropmiddel aan en masseer, was, smeer room aan en trek sokkies aan vir die nag vir ’n deurdringende behandeling) om seker te maak my voete voel goed.

Ek het al ’n paar nuttelose skropmiddels teëgekom, maar die meeste van hulle is opgewasse vir die taak, party net beter as ander.

Ek het onlangs my voorwinter-voetprogram gevolg (ek weet dit begin effens obsessief klink, maar moet my asseblief tog nie veroordeel nie). Dit behels dat ek naellak verwyder om my naels ’n blaaskans te gee en my voete ekstra sag vir die winter te kry.

Ek het twee skropmiddels op die proef gestel: Avroy Pure Feet (R39) en Green Cross Rough Skin Remover (R30). Ek hou van die pepermentolie in die Avroy-weergawe en die korreltjies is net reg vir die winter, wanneer my voete nie so baie werk verg nie. Dit het ook goed gewerk op my hande en elmboë.

Die Green Cross-weergawe het ’n ligte perskegeur en bevat fyngemaalde perskepitte vir my laaste ruwe skropsessie. Dit sal in die somer nuttig wees wanneer my hakke groter, growwer korrels nodig het. Albei houers het boonop opwipproppe, wat maak dat dit makliker hanteer wanneer jou hande vol skropmiddel is.

- Natalie Cavernelis

voetprod


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>