Ondersoekers sê twee minuut lange beeldmateriaal van ’n kamera op Michael Schumacher se ski-helm toon die Formule Een-grote was ’n hele ent van ’n versorgde baan af toe hy sy balans verloor en met die valslag lewensgevaarlike kopbeserings opgedoen het.
Bruce Quincy, die aanklaer van Albertville, het Woensdag nuwe besonderhede bekendgemaak oor die ondersoek na Michael se ongeluk op 29 Desember in die Meribel-oord in die Franse Alpe. Michael, die suksesvolste Formule Een-bestuurder tot dusver, verkeer nou in ’n medies geïnduseerde koma.
Bruce wil nie skat hoe vinnig Michael geski het nie, maar sê wel “dit is nie ’n belangrike element van die ondersoek nie”. Hy sê die kenners moet nog die beeldmateriaal “raampie vir raampie” deurgaan.
Hy sê wel Michael het 9 m buite die gemerkte baan geval.
Die ondersoekers sluit probleme met Michael se ski’s uit.
- Sapa