Hulle is die grootste – en oulikste – seunsgroep op die planeet en nou kan jy hulle in 3D sien in hul nuwe dokkie, One Direction: This Is Us!
- Die groep het meer as 15 miljoen aanhangers op Twitter, en dit sluit nie eens die volgelinge van elke lid se eie Twitter-blad in nie. Die hartebreker Harry Styles is natuurlik die voorloper; hy het meer as 16 miljoen aanhangers.
- Hul kenmerkende popmusiek het ’n rock-klankie bygekry op hul nuwe album, Midnight Memories.
- Praat van ’n hart van goud! Dis wat Liam Payne en Harry Styles albei het, want die twee manne het hulself as prys aangebied vir ’n Londense organisasie sonder winsoogmerke wat kankernavorsing steun. Aanhangers het sowat R7,6 miljoen opgedok om ’n aandjie uit saam met hulle te wen.
- Die ouens het Harry eenkeer ’n poets gebak en hom vertel Zayn Malik gaan die groep verlaat. Die arme ou het sowaar gehuil!
- Hulle skrik vir niks, behalwe . . . Niall Horan is kloustrofobies en het ook ’n vrees vir duiwe, Liam het ’n vrees vir lepels, Zayn is doodbang vir water en hoogtes, terwyl Harry ’n fobie vir tuimeltreine het. Louis Tomlinson ’n doodsvrees vir voëls.
Volg hulle op Twitter: @onedirection
BRONNE: Twitter, onedirectionmusic.com/za/, sugarscape.com, forbes.com, whosdatedwho.com