Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Vroue en kinders ‘leef in vrees’

$
0
0

Daar is groot fout in ons samelewing as vroue en kinders in vrees moet lewe.

Dit is die mening van Lulu Xingwana, die minister van vroue, kinders en gestremdes, nadat klein Jasmin Lee Pretorius (4) se vermeende moordenaar vanoggend vlugtig in die landdroshof in Brakpan verskyn het.

Die 23-jarige beskuldigde, ’n familielid van Jasmin Lee, moet Maandag weer in die hof verskyn. Die saak is uitgestel sodat hy vir hom regsverteenwoordiging kan kry.

Jasmin Lee, wat môre begrawe word, se lykie is verlede Saterdag onder die verdagte se bed in ’n woonstel in Brakpan gekry. Die man het die woonstel gedeel met sy lewensmaat, Jasmin Lee se pa, Morné Pretorius, en nog twee familielede.

Motalatale Modiba, Xingwana se woordvoerder, sê hulle verwelkom adv. Mxolisi Nxasana, die nasionale direkteur van openbare vervolging, se versekering buite die hof dat die staat ’n sterk saak het en hoop die verdagte word lewenslange tronkstraf opgelê.

Dit sal ’n sterk boodskap uitstuur aan vroue- en kindermishandelaars, veral in die lig van die groot getal voorvalle wat sedert die begin van die jaar aangemeld is waar vroue en kinders erg beseer, verkrag of vermoor is.

“Ons is daarvoor verantwoordelik om na ons kinders te kyk en die swakkes in die samelewing te beskerm. Maar daar is nie plek in die samelewing vir mense wat vroue en kinders mishandel nie,” sê Modiba.

Modiba sê die enigste oplossing is dat mense moet hulp kry. As jy agterkom of vermoed daar is ’n probleem, gaan kry hulp. As jy in ’n situasie is waar jy of jou kinders mishandel word, kry hulp: Daar is mense wat jou kan help om uit die situasie weg te kom.

- Hilda Fourie


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>