Charlie Sheen het voorgegee hy is getroud om sy eksvrou “’n beroerte” te gee.
Die Anger Management-ster het Sondag beweer sy porno-ster-meisie, Brett Rossi, het sy vierde vrou geword tydens ’n Nuwejaarsreis na Ysland. Maar hy beweer nou dit was ’n grap om sy tweede vrou, Denise Richards, te irriteer.
Charlie het aan TMZ.com gesê hy het die opmerking op Twitter gemaak, want “ek wou Denise ’n beroerte gee”.
Charlie (48) het ’n foto gelaai van hom en Brett (24) buite die voormalige Franse konsulaatgebou in Reykjavík. ’n Koue Oorlog-spitsberaad het in 1986 daar plaasgevind tussen die destydse Amerikaanse president, Ronald Reagan, en die USSR-leier Mikhail Gorbatsjof. Hy het toe getwiet: “Dis die huis waarin M Gorbatsjof en R Reagan iets epies gedoen het. Dit is ook waar S en ek GETROU HET! C #RumorMilUhPede.”
S is ’n bynaam vir Brett, wat haarself ook Scottie noem.
Charlie is kwaad vir Denise omdat sy hul dogters, Sam (9) en Lola (8), Kersfees met vakansie geneem het en hy hulle toe nie kon sien nie.
Hy het glo voor Kersdag vir haar ’n teksboodskap gestuur waarin hy sê: “Verstaan ek nou reg? Jy sal nie eens die meisies ’n halfuur laat kom uit die huis van 10 miljoen, wat ek vir jou gegee het, sodat hulle die geskenke kan kom oopmaak wat hul pa vir hul gekoop het voor hulle weggaan nie??
“Ek hoop jou kous is vol Bronstydperk-steenkool gestop saam met ’n keur van jou 8 x 10’s sodat jy kan sien hoe afstootlik en harteloos lelik jy en jou sondige siel steeds is.”
Denise beweer Charlie is saamgenooi en kon in die feestyd tyd saam met die meisies deurgebring het.
Charlie kon ook nie sy seuns, die vierjarige tweeling Bob en Max, sien nie weens ’n voortslepende toesigstryd tussen hom en sy derde vrou, Brooke Mueller. Die tweeling is nou in die sorg van Brooke se broer, Scott Mueller.