Lewer 12 muffins
Bereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 18 minute
250 ml (1 k) bruismeel
250 ml (1 k) semelryke
bruismeel
3 ml (ruim ½ t) koeksoda
250 ml (1 k) hawermout
60 ml (¼ k) bruinsuiker
250 ml (1 k) dadels, gekap
1 eier
30 ml (2 e) olie
60 ml (¼ k) gouestroop of heuning
310 ml (1¼ k) vetvrye melk
vetvrye krummelrige maaskaas
of laervet-cheddarkaas vir voorsit
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Smeer die holtes van ’n muffinpan of voer dit uit met papierbakkies.
- Sif die twee soorte meel en koeksoda saam in ’n groot mengbak. Voeg die hawermout, bruinsuiker en dadels by en meng liggies. Maak ’n holte in die middel.
- Klits die res van die bestanddele saam in ’n beker en voeg by die droë bestanddele. Meng liggies tot net gemeng en steeds effens klonterig.
- Skep in die muffinholtes en bak sowat 18 minute tot gaar. Laat 5 minute in die pan afkoel en keer uit op ’n draadrakkie.
- Sit voor met ’n goeie skep van die krummelrige maaskaas of laervet-cheddarkaas.