Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Suurlemoenmeringuekaaskoek

$
0
0

Die bekende suurlemoenmeringuetert word net lekkerder as dit roomkaas bykry en as kaaskoek voorgesit word.

Lewer 1 koek (8 snye)
Bereiding: 18 minute
Gaarmaaktyd: 10-15 minute

KORS
250 g Tennisbeskuitjies,
gekrummel
110 g botter, gesmelt

VULSEL
1 houer (230 g of 250 g) roomkaas
1 blik (380 g) kondensmelk
2 eiers, geskei
15 ml (1e) gerasperde suurlemoenskil
60 ml (¼ k) suurlemoensap
125 ml (½ k) strooisuiker

Voorverhit die oond tot 200 °C en voer ’n 20 cmveerklamppan se boom en kant met bakpapier uit.

  1. KORS Meng die koekiekrummels en die gesmelte botter deeglik. Druk ’n derde van die mengsel op die boom van die pan en die res sowat driekwart teen die rand van die pan vas.
  2. VULSEL Klits die roomkaas tot glad. Klits die kondensmelk, eiergele en suurlemoenskil en -sap by die
  3. roomkaas en giet die mengsel in die kors.
  4. Klits die eierwitte tot sagte punte begin vorm en klits dan die strooisuiker geleidelik by tot die mengsel styf, glad en blink is.
  5. Skep dit bo-op die vulsel en bak 10-15 minute of tot die meringue effens bruin is. Laat heeltemal in die pan afkoel voor dit uitgekeur word.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>