Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Gestopte lamsblad

$
0
0

Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 30 minute
Gaarmaaktyd: sowat 1 uur

VULSEL
25 ml (5 t) ui, fyn gekap
60 g witbroodkrummels
3 repe spekvleis, fyn gesny
15 ml (1 e) pietersielie, fyn gekap
2 ml (½ t ) vars tiemieblare
15 ml (1 e) sout
3 ml (ruim ½ t) vars gemaalde
swartpeper
1 eier, geklits

VLEIS
1 kg ontbeende lamsblad
olie vir braai
250 ml (1 k) bier
15 ml (1 e) koekmeel
60 ml (¼ k) vleisaftreksel
12 ml (2½ t) suiker
60 ml (¼ k) room

  1. VULSEL Meng die ui, broodkrummels, spekvleis, pietersielie en tiemie.
  2. Geur met sout en peper en roer die eier by.
  3. VLEIS Vlek die vleis oop met die vleiskant na bo en smeer die vulsel egalig oor. Rol op en bind elke 50 mm met tou vas.
  4. Braai in ’n groot swartpot op vinnige kole in ’n bietjie olie tot bruin buiteom.
  5. Verhit die bier en giet oor die vleis. Plaas die deksel op en verhit op stadige kole tot net gaar. Skep die vleis uit.
  6. Verdik die sous met koekmeel wat aangemaak is met vleisaftreksel.
  7. Kook ’n minuut of twee, roer die suiker en room by en sit voor saam met die vleis.

Sit aartappels of aartappelslaai saam voor.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!