Lewer 1 groot bak
Bereiding: 15 minute
Verkoeltyd: 2-3 uur
1 blik (410 g) ingedampte melk, oornag verkoel
125 ml (½ k) strooisuiker
1 blikkie (110 g) grenadellamoes
1 dosie (80 g) jellie, suurlemoengeur
250 ml (1 k) kookwater
2 pakkies (200 g elk) Tennisbeskuitjies
grenadellamoes of suurlemoenskyfies vir versiering
- Klits die koue melk en voeg die suiker stadig by. Voeg die grenadellamoes by en meng.
- Meng die jellie en kookwater, roer tot opgelos. Laat afkoel, maar moenie dit laat stol nie.
- Roer in by die melkmengsel.
- Pak ’n laag Tennisbeskuitjies in ’n groot bak en giet van die melkmengsel oor.
- Herhaal die lae en eindig met die melkmengsel.
- Verkoel tot stewig.
Sit voor met ekstra grenadellamoes of dun skyfies suurlemoen.