Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Die 5 lekkerste vakansieboeke vir kinders

$
0
0

Die negejarige Hannia Kempen van Potchefstroom is ’n geesdriftige boekblogger en deel haar keuse van boeke wat elke kind eenvoudig móét lees.

ROCKSUSTERS

Voorblad van die boek rocksusters

Skrywer Christien Neser
Prys R110 by kalahari.com

Die storie gaan oor die lewe by die koshuis Gravitas. Elle is nou ’n Gravie-meisie en sy is in die skoolorkes. Die Musikanto-fees wat in Oktober in Parys (in die Vrystaat) plaasvind, is die opwindendste ding wat al gebeur het vandat sy in die koshuis is, maar nou moet sy en haar maat Refilwe koekies bak net omdat Andante nie op ’n vuil kampplek wil slaap met jiggie badkamers nie.

Boonop is daar ’n nuwe meisie wat net swart dra, Lyla. Sy maak vir arme Refi bang. Dan ondek hulle dat hulle twee weke lank saam met haar moet slaap, en kom agter dat sy nie regtig so sleg is nie.

Jy sal van die boek hou . . .
As jy van musiek hou, en
As jy glo mense kan verander.

Ek glo nie seuns sal dit regtig geniet nie omdat dit oor meisies gaan.

HOLLYWOOD-MUMMIE

Hollywood-mummies deur Jaco Jacobs

Skrywer Jaco Jacobs
Illustreerder Chris Venter
Prys R70 by kalahari.com

Denver het pas by ’n nuwe huis in ingetrek. Nou het hy vriende gemaak met Meyer. Hulle het ’n groot geheim, maar belowe jy sal vir niemand sê nie. Oukei, oukei ek vertrou jou! In Denver se kamer is ’n kas – ’n kas vol MONSTERS!

Dis nou genoeg daarvan, kom ek vertel julle van die boek. Denver en Meyer moet in die skoolkonsert dans. Dis ’n nagmerrie. Die arme seuns tree op in Die Klein Meerminnetjie, maar dan maak die monsters weer hul verskyning. Toets, die mummie, doen oudisies vir ’n monsterfliek, maar sy het gehoop vir iets romanties. In plaas daarvan moet sy bloedstollende gille gee en nare gesigte trek . . . Kan Denver en Meyer haar help? En gaan Toets se drome waar word? Jy sal net weet as jy die boek lees!

Die boek is vir meisies en seuns omdat dit vir meisies ’n bietjie romanse het en vir seuns omdat daar monsters in is en die meeste karakters seuns is.

RAAI RAAI RIEPA

Raai Raai Riepa voorblad

Skrywers G.H. van Rooyen en S.H. Pellissier
Prys R165 by kalahari.com

Raai Raai Riepa
Geel is my piepa
Groen is my doedelsak
Waaraan my piepa hang.

Is dit dalk ’n piesang? Of ’n groen wurm? Nee, ek weet nie, weet jy? Kom ek soek dit op, want sien – al die antwoorde is agterin die boek!

Is jy verveeld? Is al jou speletjies al opgespeel en jy is lus vir pret? Dan is Raai Raai Riepa net die boek vir jou.

En weet julle wat? Daar is nog tongknopers ook! Soos:

Kian pak ’n kis,
ek pak ’n kis.
Onder sit ’n man
die kiste pakke kan,
bo sit ’n vrou
die kiste pak wou.

O, ja! Voor ek vergeet, ek het dit toe gaan opsoek en die antwoord is: ’n geelwortel!

Die boek is vir almal! Jonk en oud!

GRAPPE VAN A-Z

Grappe van A-Z voorblad

Skrywer Maritha Snyman
Illustreerder Alex Van Houwelingen
Prys R90 by kalahari.com

Uit dié boek:

Ek dink ek sit te lank voor die rekenaar. Ek sien net kolletjies voor my oë.
Het jy al ’n oogkundige gesien?
Nee, net kolletjies.

En:

Wat sê die een nagapie vir die ander nagapie?
Nag, apie.

Is jy lus vir lekker lag? As jy is, dan is Grappe van A-Z net die boek vir jou.

Met ou en nuwe grappies. Voor ek vergeet, daar is SMS-grappies ook:

As j dink eks oulk, druk 1. As j dink eks ni, druk 2637805985260. Eks oulk ne?

En:

Di kat is kat i kat goeie kat manir kat om kat imand kat besig kat te kat hou vi 30 sek kat. Lesit nou sondr di kat.

Dis ’n lekker boek vir jonk en oud, seuns en dogters!

Moet net nie die boek lees as jy nie van blondine-grappies hou nie.

Ek herhaal: Moenie die boek lees as jy nie van blondine-grappies hou nie!

DIE KLEIN KAPTEIN IN DIE LAND VAN SEWE SWAAR TAKE

Die klein kaptein in die land van sewe swaar take

Skrywer Paul Biegel

Die klein kaptein en sy span moet deur die land van die sewe swaar take gaan as hulle die matrose wil red. Die sewe swaar take is regtig sewe baie swaar take! Maar eers moet hulle by die seetuin van Vader BlouKrap uitkom.

Met reuse, hekse, towenaars, groot vet paddas en meer!

Soos byvoorbeeld: Wie wil nou in ’n bed vol spykers slaap?

En sal jy daarvan hou as jy ’n toring moet bou?

As jy wil uitvind wat gaan gebeur, beter jy hierdie boek lees. Dis ’n boek vir seuns en meisies omdat dit vol avontuur en pannekoek bak is!

Soek hierdie boek in openbare biblioteke. Ek twyfel of dit nog in die winkel sal wees.

  • Lees ook: Die Klein Kaptein en Die Koning in die Koperkasteel.

- Hannia 

Hannia Kempen, boekblogger Hannia Kempen (9) is mal oor lees en het daarom pas haar eie boekeblog begin. Sy was in 2013 in gr. 3 aan die Laerskool Mooirivier in Noordwes. Sy was ook in 2013 die nasionale gr.3-wenner van die Universiteit Stellenbosch se WOW-spelkompetisie. Sy sing in die junior koor, leer klavier en kitaar speel en het al verskeie medaljes in gimnastiekkompetisies gewen. Sy wil eendag ‘n onderwyser of ‘n rock-ster wees; sy moet nog besluit watter een.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>