Lewer 30 roosterkoeke
Bereiding: 30 minute
Gaarmaaktyd: 30-40 minute
10 x 250 ml (10 k) wit- of bruinbroodmeel
2 pakkies (10 g elk) kitsgis
125 ml (½ k) poeiermelk
12 ml (2½ t) sout
60 ml (¼ k) suiker
750 ml (3 k) louwarm water
60 ml (¼ k) margarien
- Meng al die droë bestanddele saam. Giet die louwarm water bietjie vir bietjie by tot ’n stywe deeg gevorm is. Knie die margarine by die deeg in.
- Vorm in ’n bol, smeer met olie en laat rys tot dubbel die grootte op ’n warm plek.
- Knie die deeg af en knyp balletjies af. Rol elke balletjie effens platter met ’n koekroller op ’n meelbestrooide oppervlak.
- Laat weer rys. Pak op ’n rooster.
- Braai hoog op matige kole.
- Draai gereeld en rooster tot dit hol klink as daarop geklop word. Sit voor saam met botter en gouestroop.
WENK
Bak vetkoek van die deeg.