Genoeg vir 4-8 mense
Bereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 25 minute
KOESKOES
125 g koeskoes
200 ml kookwater
sap van 1 suurlemoen
½ rooi ui, gekap
1 blik (410 g) kekerertjies
TAMATIES
150 g pruimtamaties
HOENDER
5 ml (1 t) paprika
2 ml (½ t) rooipeper
5 ml (1 t) fyn komyn
2 ml (½ t) borrie
2 ml (½ t) fyn kaneel
30 ml (2 e) olie
sout en peper
8 hoenderstukke
1 Voorverhit die oond tot 200 °C.
2 Koeskoes: Plaas die koeskoes in ’n bak, voeg die kookwater by, meng goed, bedek en sit 5 minute eenkant om te week. Vlok die korrels met ’n vurk. Roer die suurlemoensap, ui en kekerertjies in en sit eenkant.
3 Tamaties: Plaas die tamaties op ’n bakplaat en rooster 7 minute.
4 Hoender: Meng die paprika, rooipeper, komyn, borrie, kaneel, olie, sout en peper en vryf dit oor die hoender. Plaas die hoender op ’n bakplaat en rooster 15 minute of tot deurgaar.
5 Sit die hoender en geroosterde tamaties op die kekerertjie-koeskoes voor.