Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

David Beckham keer dalk terug na sokker

$
0
0

David Beckham is genader om weer sokker te speel – en dit kan hom ’n fortuin in die sak bring.

Die 38-jarige sokkerster, wat verlede maand uitgetree het, is genader om in Indië by ’n nuwe franchise-gegronde liga van agt spanne aan te sluit. Die liga strek van 14 Januarie tot 13 Maart en kenners meen hy kan sowat R15 miljoen vir twee maande se werk verdien.

’n Bron het aan die koerant The Sun gesê: “Becks kan eintlik vra wat hy wil. Dit wat hy vir die liga sal doen wat internasionale belangstelling en publisiteit betref, is van onskatbare waarde.”
Sedert David aan die einde van die seisoen by die Franse kampioene Paris Saint-Germain sy stewels opgehang het, is hy al met ’n aantal nuwe loopbane verbind. Die rolprentmagnaat Harvey Weinstein het selfs voorspel die sokkerster sal ’n treffer in Hollywood wees.

Hy het gesê: “Ek het David nog net ’n paar keer ontmoet, maar ervaar elke keer sy talente as nog indrukwekkender. Ek is ’n groot aanhanger. Ek dink hy kan in die TV- en rolprentbedryf enigiets doen wat hy wil.”

David het ook al gesê hy wil graag in ’n Amerikaanse sokkerklub belê. Vroeër dié maand het Brad Pitt aan BANG Showbiz gesê hy sal graag wil hê David moet sy kinders – Maddox (11), Pax (9), Zahara (8), Shiloh (7) en die vierjarige tweeling, Knox en Vivienne – leer sokker speel.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>