Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Fliekvlooi: Wat in die rolprentteaters wys

$
0
0

559789_773050242711946_1866806464_n

’n Goeie rolprent vir die hele gesin begin vandeesweek wys. Disney se 53ste tekenprent, Frozen (O), is gegrond op Hans Christian Anderson se Sneeukoningin. Prinses Elsa (Idina Menzel se stem) kan sneeu skep. Sy sukkel om dit te beheer en haar kleinsus, Anna (Kristen Bell), word beseer. Jare later, tydens Elsa se kroning, raak haar mag weer buite beheer en sy vlug vreesbevange. Sy laat die koninkryk in ’n ewige winter agter. Nou moet Anna haar suster opspoor en die ryk van die koue bevry.

Die rolprent is meestal goed ontvang en het 89 persent op die resensiewebtuiste Rotten Tomatoes gekry. Dit word beskryf as “pragtige animasie, slim geskryf en vol saamsing-liedjies”. Empire se Helen O’Hara was ’n bietjie minder beïndruk en het die rolprent drie sterre gegee. Sy skryf: “Die intrige is onsamehangend, maar daar is ook baie grappies en goeie aksie”.

Die produktiewe regisseur Woody Allen se laaste paar rolprente was nie almal suksesvol nie, maar volgens die meeste resensente blink hy weer uit met Blue Jasmine (13 DTG). The Lord of the Rings se Cate Blanchett is die New Yorkse sosiale vlinder Jasmine, wat haar man (Alec Baldwin) verlaat toe sy uitvind hy verkul haar en pleeg bedrog. Sy verkas na San Francisco en trek in by haar vervreemde suster, Ginger (Sally Hawkins), ’n pakker in ’n supermark. Hier moet sy besluit wat haar volgende te doen staan.

Die meeste resensente het hierdie rolprent geloof. Op die resensiewebtuiste Metacritic het dit 78 uit 100 gekry. Empire se Simon Braund gee dit vyf sterre en sê die rolprent is “deurtrek van goeie waarneming oor die toestand van die wêreld”. Total Film se Jamie Graham gee dit vier sterre en beskryf dit as “’n pragtig verfilmde en vertolkte komiese drama”.

In a World . . . (13 T) is die aktrise Lake Bell se debuut as ’n regisseur. Sy is veral bekend vir haar rolle in die Ashton Kutcher romantiese komedies What Happens in Vegas (2008) en No Strings Attached (2011). Sy vertolk die rol van ’n stemafrigter wat in ’n manswêreld oorklanking doen. Toe sy die geleentheid kry om oorklanking te doen vir ’n groot rolprentlokprent, kom sy te staan teen ’n groot kokkedoor in die bedryf, haar pa (Fred Melamed).

Die meeste resensente het die rolprent geloof. Dit het 91 persent gekry op Rotten Tomatoes, wat dit beskryf as ’n “snaakse, goed geskryfde satire vir rolprentliefhebbers”. Total Film se Kate Stables gee dit vier sterre en noem dit ’n “gevatte, goedgeaarde satire wat ’n bietjie rondsweef”.

Diegene op soek na ’n ligte komedie, behoort Last Vegas (10-12O TS) te geniet. Michael Douglas, Morgan Freeman, Kevin Kline en Robert De Niro is vier skoolvriende wat saamkom vir Billy (Douglas) se rampartytjie in Las Vegas.

Die rolprent het meestal gemengde resensies gekry en 48 uit 100 op Metacritic behaal. David Nusair van Reelfilm.com gee dit twee uit vier sterre en beskryf dit as ’n “betekenislose ydelheidsprojek wat die talent van sy talentvolle sterre vermors”. Empire se Anna Smith is effens beter gesind en gee dit drie sterre. Sy skryf: “Al is dit so smaakloos en oppervlakkig soos Las Vegas self, kan ’n mens hierdie komedie deursit danksy ’n lewendige pas en gevatte dialoog”.

The Counselor (16 TSG) is gegrond op die eerste draaiboek van die gesiene skrywer Cormac McCarthy (No Country for Old Men). Die gevierde regisseur Ridley Scott (Gladiator) behartig die regie. Michael Fassbender (X-Men: First Class) vertolk die rol van die titelkarakter, ’n prokureur wat sy onderhandelings met dwelmhandelaars wegsteek vir sy naïewe, godsdienstige verloofde, Laura (Penélope Cruz). Hy raak betrokke by ’n transaksie wat hulle skatryk sal maak, maar begewe hom eintlik in ’n gevaarlike situasie buite sy beheer.

Die rolprent het gemengde resensies gekry, met 48 uit 100 op Metacritic. Rotten Tomatoes skryf: “The Counselor skep verwagtings met sy talentvolle spelers en kreatiewe span, en vernietig dit dan met ’n woorderyke, lomp, raaiselagtige naelbyter wat tekortskiet aan raaisels of naelbytery”. Ook The Hollywood Reporter se Todd McCarthy beskryf dit as “nie juis aangenaam of bevredigend nie”.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>