Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Hoe het ek hierdie koel programme misgekyk?

$
0
0

Ons TV-blogger kan haarself skop dat sy Chicago Fire en Banshee nou eers ontdek het.

Chicago Fire rolverdeling

Die rolverdeling van Chicago Fire

HOEKOM het niemand my vertel hoe koel Chicago Fire en Banshee is nie? Ek voel te na gekom; ek hoop altyd as daar ’n kykbare reeks is waarvan ek nie weet nie, iemand my daarvan sal vertel, maar duidelik gee my vriende nie genoeg om vir my TV-behoeftes nie.

So daar sit ek toe laas Dinsdag, besig om deur kanale te kliek terwyl ek die wasgoed sorteer en luierig wonder wat om te kyk. Daar beland ek toe op M-Net en kyk ’n deel van Chicago Fire raak. Ek het net so met ’n halwe oog gekyk want ek het nie geweet wie is wie nie, maar kort voor lank was ek vasgenael.

So een van die brandweermanne (gespeel deur die ou wat met Lady Gaga uitgaan) wat by hierdie brandweerstasie werk, is die teiken van ’n brandstigter; hy’s ook nie seker of hy die pa van sy meisie se baba is soos die meisie beweer nie. Oe! Hierdie soort program kan ek kyk; dit maak my baie nuuskierig.

Taylor Kinney Chicago Fire

Lady Gaga se kêrel, oftewel Taylor Kinney. (rtppt via Compfight cc)

Die kanaalinligting sê dis die begin van seisoen 2. Maart nou moet ek omtrent 24 episodes van seisoen 1 inhaal omdat ek dit haat om nie heeltemal te weet wie is wie en wat gaan aan nie. Maar natuurlik, sug, beteken dit ek gaan nóg meer agterraak met die nuwe seisoen. Plus die program kry ’n nefie, Chicago PD, wat in Januarie in Amerika begin en ons sal dit hier ná Chicago Fire sien.

Toe gebeur dit die volgende aand weer. Dié slag was ek besig om te kyk of die nuutste episode van So You Think You Can Dance op M-Net Series Reality begin het, en voor ek nog kon soek, val ek vas in ’n episode van Banshee op M-Net. Episode agt, dink ek.

So die sheriff van die dorp Banshee is eintlik ’n bedrieër wat die lewe van die regte, gestorwe sheriff oorgeneem het . . . ek wil nog hê! En wie is hierdie nogal aantreklike bedrieër-ou? Gelukkig wou Die Eggenoot hierdie reeks sien en dis ge-PVR; ek kan dit dus in die vakansie begin kyk.

Dis heeltemal my eie fout dat ek dit misgeloop het, want ek sou dit wou kyk net omdat dit gemaak word deur Alan Ball, wat vir ons True Blood gegee het, O, en die akteur Antony Starr kom van Nieu-Seeland af en het nog nie veel toneelgespeel voor hy hierdie rol gekry het nie. Interessant, aangesien Alan Ball die hoofrol in True Blood vir ’n ander Kiwi-akteur gegee het – Anna Paquin. Terloops, Banshee seisoen 2 skop op 15 Januarie op M-Net af.

Antony Starr Banshee

Antony Starr in Banshee

Ek het al voorheen goeie programme so misgeloop. Ek het Band of Brothers en The Unit eers ’n ruk later begin volg nadat ek dit toevallig raakgekyk het. My man het my vertel die reekse is die moeite werd, en Band of Brothers het natuurlik allerhande pryse gewen, maar ek het eers begin belangstel toe ek Damian Lewis (Brody in Homeland) opgelet het nadat ek mal was oor sy ander reeks, Life.

Eintlik is dit nogal pret om al die episodes op een slag te kyk eerder as om elke week vir die volgende een te wag, so julle weet waar julle my hierdie vakansie gaan aantref!

  • Chicago Fire seisoen 2, M-Net, Dinsdae, 19:30
  • Banshee seisoen 1, M-Net, Woensdae, 22:03.

 - Natalie

Natalie Cavernelis Natalie Cavernelis is blogredakteur en eindredakteur: handelsmerkuitbreidings by Huisgenoot se sustertydskrif, YOU.  Sy is ’n oudredakteur van die TV-tydskrif TV Plus, is verslaaf aan haar gesin, TV, fliek en lees, en het ’n spesiale belangstelling in die populêre kultuur. Sy skryf ook omtrent al ons boekvraat-blogs oor Engelse boeke. Volg haar op twitter @NatalieCav.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>