Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Klassieke pannekoek

$
0
0

Hou die mengsel sowat ’n week in ’n fles in die yskas. Vries dit in kleiner hoeveelhede as jy dit langer wil hou.

Lewer 40-50 pannekoeke
Bereidingstyd: 10 minute
Rustyd: 30 minute
Gaarmaaktyd: 45 minute

PANNEKOEKMENGSEL
5 ekstragroot eiers
5 x 250 ml (5 k) melk
5 ml (1 t) sout
500 ml (2 k) olie
15 ml (1 e) vanieljegeursel
4 x 250 ml (4 k) bruismeel
kaneelsuiker om oor te strooi
suurlemoenskyfies vir voorsit

  1. Klits die eiers, melk, sout en olie saam.
  2. Voeg die vanieljegeursel by en klits die bruismeel bietjiesbietjies by die mengsel in. Klits tot die mengsel glad is.
  3. Laat die beslag minstens 30 minute rus voor jy dit bak.
  4. Vir bêre Giet in ’n glasfles en bêre in die yskas.
  5. Om te bak Verhit ’n platboompan, verkieslik kleefvry, en verf met olie.
  6. Gebruik ’n soplepel en skep net genoeg beslag in die pan om die boom te bedek. Beweeg die pan sodat die beslag die hele boom vul. Bak tot blasies op die oppervlak begin vorm. Lig van tyd tot tyd die kante van die pannekoek sodat enige rou beslag onderin kan loop.
  7. Draai die pannekoek om met ’n eierspaan en bak tot ligbruin.
  8. Sprinkel kaneelsuiker oor, rol op en sit voor saam met suurlemoenskyfies.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!