Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Wouter Basson skuldig aan onetiese gedrag

$
0
0

Dr. Wouter Basson is Woensdagoggend deur ‘n tugpaneel van die raad op gesondheidsberoepe (RGB) in Pretoria skuldig bevind aan onprofessionele en onetiese gedrag.

Dit hou verband met sy betrokkenheid by die ontwikkeling van chemiese en biologiese wapens in die apartheidsjare.

Volgens Die Burger het prof. Jannie Hugo, voorsitter van die tugpaneel, in sy uitspraak Basson se regspan se argumente een vir een as verskonings vir Basson se gedrag verwerp.

Basson het vroeër aangevoer dat hy tydens sy betrokkenheid as hoof van Projek Coast en Delta G – die weermag se destydse chemiese en biologiese wapenprogramme – eerstens ‘n soldaat en nie ‘n dokter was nie; dat hy bevele uitgevoer het; en dat mediese etiese regulasies tydens oorlogstyd anders is as tydens vredestyd.

Hugo het egter gesê ondanks sy rol as soldaat was Basson steeds ‘n mediese dokter; en dat etiese regulasies baie duidelik die verswakking van ander persone sonder hul toestemming verbied, ook in tye van konflik.

Basson was onder meer betrokke by die vervaardiging van traangasse wat ontwikkel is om mense tydelik buite aksie te stel en dwelmmiddels vir militêre ontvoerings.

Die verhoor is tot Februarie uitgestel vir argumente oor toepaslike dissiplinêre stappe, wat kan insluit dat Basson nie meer sal mag praktiseer nie.

Basson self was nie by die uitspraak nie omdat hy met ‘n noodoperasie op ‘n pasiënt in Kaapstad besig is.

Bron: Die Burger


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>