Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Prins William doen die Harlem Shake

$
0
0

 

Prinse William (30) en Harry (28) van Brittanje het Saterdagaand 1 Junie op ’n ramparty skemerkelkies gedrink, met opblaasspeelgoed gespeel en op die maat van Harlem Shake gedans. 

Die koninklike broers het dit “gate uit geniet” in Harry se pel Guy Pelly se klub Tonteria in Sloane Square, Sentraal-Londen. En William – wie se vrou, Kate, hul eerste kind verwag – het die geleentheid aangegryp om ’n bietjie te ontspan voor die slapelose nagte aanbreek.

’n Vriend het aan die koerant The Sun gesê: “William het alles uitgehaal. Hy het baie gedans en saam met die musiek gesing.

“In ’n stadium het hy selfs op die maat van die musiek teen die lae plafon gekap. Dit het gelyk of hulle dit gate uit geniet.”

Terwyl hulle op maat van die internetsensasie Harlem Shake gedans het, het William skitterstokkies in die BBP-area van die eksklusiewe klub rondgeswaai.

Die broers het aan skemerkelkies geteug terwyl hulle partytjie gehou en met opblaasspeelgoed pret gemaak het voor hulle om halftwee die oggend by die klub weg is. William het effe aangeklam gelyk toe hy by die agterdeur uitgeglip het.

Harry word eintlik as die partytjiedier beskou nadat naakfoto’s van hom verlede jaar uitgelek het. Die foto’s is geneem toe hy in Las Vegas tussen ’n groep beeldskone meisies ontklee-biljart gespeel het.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>