Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Prakseer ’n tuiswerkhoekie dié vakansie

$
0
0

Die skole het gesluit en die meeste van ons gaan eersdaags met vakansie. Hoekom rig julle nie in die komende weke solank ’n studeerplekkie vir aanstaande jaar in nie? Ons blogger het hierdie oulike idees op Pinterest opgespoor.

Hoekies om tuiswerk te doen

DEUR die jare het ek baie wenke gelees oor hoe ’n mens jou kind se skoolsukses kan beïnvloed, en dit sluit altyd die raad in dat jy ’n spesiale tuiswerkhoekie moet inrig waar alles wat jou kind nodig het, byderhand is. Hier is nege slim en oulike idees wat ek op Pinterest gevind het om jou te inspireer, wat ook al jou dekorsmaak.

Die wit antwoord

Wit lessenaar, blou muur en reling met emmers

Foto oorgespeld van Aliesha Haworth Heiberg

Ek is mal oor die vars, wit meubels teen die helder muur in hierdie studeerhoekie. Daar’s meer as genoeg plek vir boeke, fotorame en rondlêgoed op die rakke en die plastiekhouer en draadmandjie wat aan ’n muurreling hang, hou skryfbehoeftes en ander kleinighede naby. Soek daarna in kombuisware-gangetjies by die supermark of ysterwarewinkels.

Slim aanknipborde

Studeerhoekie met aanknipborde teen die muur

Foto oorgespeld van soapdelinews.com

Hang ses aanknipborde aan muurhake en gebruik dit vir werkblaaie, roosters, onthougoed of omsendbriewe. As jy borde met mooi ontwerpe op kies, kan hulle ook as kunswerke dien wanneer hulle leeg is.

Werk lekker

Lessenaarkubus van ligte laaghout

Foto oorgespeld van scandinaviandeko.com

Kinders kry van vroeg af tuiswerk en hierdie is ’n uitstekende werkhoekie vir beginners. Laat jou inspireer deur hierdie ontwerp deur die Finse argitek Takkunen en prakseer ’n werkkubus van laaghout met ’n bypassende boekkubus of twee. En om die voorkoms te voltooi, kan jy die muur met swartbordverf verf – net die deel binne-in die kubus of die hele muur.

Vir helder verstandjies

Pienk en groen leerhoekie

Foto oorgespeld van bing.com

Daar’s geen rede waarom jy nie skreeuende kleure in ’n stil studeerhoekie mag hê nie. Hierdie werkhoek het hope bêreplek vir enigiets wat jy byderhand wil hou, insluitend bokse met bypassende kleure en houers vir al die rondlêgoed soos skryfbehoeftes, projekmateriaal, laaiers, kabels en so aan.

Boekstutte

Tafelblad op twee boekrakke

Foto oorgespeld van gothiccabinetcraft.com

’n Gesofistikeerde tiener sal dalk van die stylvolle kleure van hierdie lessenaar hou. Dis gemaak van twee boekrakke met ’n tafelblad bo-op. Vir ’n jonger kind kan jy helderder kleure kies. Jy kan ’n goeie tafelblad kry tussen die kombuistoonbankblaaie in jou ysterwarewinkel.

Tweemaaltafels

Een lessenaar met twee sitplekke

Foto oorgespeld van northstory.ca

Dis ’n fantastiese idee as jy twee kinders het wat ’n studiehoek deel – of selfs as jy jou eie sitplek wil hê wanneer jy met die tuiswerk help. Behalwe vir die ekstralang blad bo-op twee staalkabinette is daar meer as genoeg beligting onder die rak, asook twee kennisgewingborde vir notas en prente. Kry die aanwysings vir dié lessenaar hier.

Wit dubbeldoor-lessenaar met groen muur

Oorgespeld van paulaprass via flickr.com

Hier is nog ’n dubbeldoor-lessenaar vir inspirasie. Die werkoppervlak rus op boekrakke en ek hou van hoe netjies die swart bokse op die rakke alles laat lyk.

Ruimtebespaarder

Foto oorgespeld van buy.com

Foto oorgespeld van buy.com

As julle min plek het, is ’n opvoulessenaar dalk die oplossing vir jul tuiswerkprobleem. Die werkoppervlak vou op na die rakgedeelte, en daar is ’n foto aan die onderkant wat dan deur die tafelpote omraam word. Die boonste rak het ’n mini-kurkbord waaraan mini-notas vasgespeld kan word.

Knus hoekie

Studeerhoekie tussen kas en muur

Foto oorgespeld van indulgy.com

Wat ’n netjiese manier om ruimte tussen ’n kas en muur in te span. ’n Lang, wye rak doen diens as die lessenaarblad, en die kleiner rakkies is bêreplek. Maak seker jy laat genoeg ruimte tussen die werkoppervlak en die onderste rak as jy ’n rekenaar op die lessenaar wil sit. En sorg vir goeie beligting om te voorkom dat ogies moeg word.

- Alfie

Alfie Steyn, Pinterest blogger Alfie Steyn is Huisgenoot en YOU se produksieredakteur en ook ’n geesdriftige selfdoener. Sy is verantwoordelik vir Huisgenoot en YOU se dekor- en selfdoeninskrywings op die sosiale netwerktuiste Pinterest.

Volg Huisgenoot op Pinterest

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!