Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Herken so ’n Modimolle-monster

$
0
0

 Zelda la Grange, wat vir ons oor geweld teen vroue en kinders blog, wonder wat ons uit die opspraakwekkende verminking en verkragting van Ina Bonnette kan leer.

Clipboard01

Johan Kotzé is twee keer lewenslank gevonnis weens die moord op sy stiefseun Conrad Bonnette en die verkragting van Ina Bonnette. Hy is ook tot 25 jaar tronkstraf gevonnis weens ontvoering en aanranding.

EK WAS tegelyk gefassineer en verskrik deur die storie van Ina Bonnette, wat deur haar vervreemde man, Johan Kotzé, gemartel en vermink is omdat sy van hom wou skei. Hy het ook haar seun vermoor en drie mans betaal om haar te verkrag.

Ek het in die argief gaan rondkrap en ’n verslag gevind in ’n uitgawe van die Volksblad van Januarie 2012 wat voor Kotzé se inhegtenisname geskryf is, toe die polisie hom nog gesoek het. Tydens die soektog het ’n klomp interessante besonderhede na vore gekom.

Hy het verskeie ander lewens ook verwoes, onder meer dié van ’n Bloemfonteinse vrou. Haar seuns het gesê sy het selfmoord gepleeg nadat Kotzé haar finansieel uitgeroei en haar hart gebreek het. Ek het hom begin bestudeer en agtergekom elke keer as ’n man op die voorblaaie beland weens soortgelyke voorvalle, was die tekens altyd dieselfde. Hy beheer vroue: finansieel, emosioneel en fisiek. Hoe vind hy hierdie vroue – of is hulle aangetrokke tot hom?

Dit het my laat dink aan respek en hoe vroue behandel word. Die probleem lê nie by die Bloemfonteinse vrou of by Ina nie. Die probleem is dat ons in ’n wêreld woon waar ons behep is met gelykheid, maar terselfdertyd het ons reëls oor hoe ’n man ’n vrou behoort te behandel.

Die slegste ding wat ons kan doen, is om ons dogters groot te maak met die idee dat ’n man hulle soos ’n prinses of goud moet behandel. Ek glo hy moet jou soos ’n gelyke behandel want dan sal hy jou meer respekteer. As hy jou as ’n gelyke behandel, wys dit hy respekteer jou weens jou intellek – ons is tog al lank verby die tyd dat vroue as die swakker vat beskou is. Dis waarom die meeste geslaagde huwelike op ’n sterk vriendskap gegrond is, en dis die basis van respek.

16_days_logo_englishMEDIUM - Zelda

Zelda picSMALL  Zelda  la Grange blog tot 10 Desember elke weekdag  vir ons tydens die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders. Dié bekende en gewilde vrou werk steeds as Madiba se persoonlike assistent vir die Nelson Mandela-stigting en hou ook motiveringspraatjies. Sy is aktief betrokke by projekte soos Bikers for Mandela Day en Sisters with Blisters in haar rol as beskermvrou van die 1st for Women Insurance-trust. Een van haar lewensdoelstellings is om SA vroue te help bemagtig


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>