Justin Bieber is so paranoïes oor die moontlikheid dat ’n aanhanger by sy hotelkamer kan inbreek, hy het ’n sekuriteitswag wat by hom sit terwyl hy slaap.
Die 19-jarige sanger raak glo so “paranoïes” daaroor dat hy ’n “span reuse” aangestel het om hom 24 uur per dag te bewaak. Hy het selfs twee op bystand wanneer sy gereelde lyfwagte ’n blaaskans nodig het.
“Justin kan nie nou saans alleen gelaat word nie. Hy is paranoïes oor aanhangers wat by sy kamer sal inbreek en hy hoor heeltyd geluide,” sê ’n bron.
“Dit dryf hom tot raserny. Behalwe vir die lyfwag in sy kamer en een buite, het hy ook twee op bystand om oor te vat wanneer die ouens ’n blaaskans nodig het. Al die stewige manne staan sowat 1,8 m in hul sokkies en weeg gemiddeld meer as 110 kg. Hy wil ’n groep reuse hê wat hom beskerm.”
Selfs wanneer sy Believe-wêreldtoer volgende week in Australië eindig, is daar geen planne om van die lyfwagte ontslae te raak nie. “Justin het een wat oor hom waghou terwyl hy slaap en beplan om dit so te hou wanneer die toer verby is.”
En die wagte is nie genoeg nie; die tienerster het onlangs “gesmeek” sy ma, Pattie Mallette, wat onlangs ’n boek, Nowhere but Up: The Story of Justin Bieber’s Mom, uitgereik het, moet saam met hom reis. “Hy het sy ma, Pattie, gesmeek om hom na die meeste van sy konserte te vergesel.”