Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Die vakansieboepie

$
0
0

Tem jou lus vir koolhidrate hierdie Kersfees en eet minder feestelike lekkernye.

0412 Health snippet image 1

Hoe harder ons in die feestyd die vetjies in toom probeer hou of gesond probeer leef, hoe moeiliker lyk dit. Dis net te maklik om ons te ooreet aan al die tradisionele Kerslekkernye. Naazneen Khan, die welsynbestuurder van Nestlé Suid-Afrika, gee haar 10 topwenke om die balans tussen kos en gesondheid te handhaaf.

1.     Die belangrike inkopielysie
Glo dit of nie, maar as jy slim koop, kan jy seker maak jy eet nie te veel nie. Moet nooit op ’n leë maag kruideniersware koop nie, anders sal jy ongesonde eetgoed koop. Wanneer jy jou inkopielysie opstel, kies gesonder lekkernye, soos vrugtestafies pleks van sjokolade.

2.    Moenie jou uithonger nie
Om maaltye oor te slaan en jouself uit te honger is seker die slegste wat jy op ’n gesonde dieet kan doen. Dit veroorsaak dat jy minder en groter maaltye eet, wat jou metabolisme stadiger maak en jou gewig laat aansit. Eet liewer meer gereeld kleiner maaltye, wat jou liggaam die nodige energie sal gee. Eet ietsie voor jy ’n geleentheid bywoon sodat jy nie te honger voel nie. 

3.    ’n Happie hier en daar
Dis lekker om by spesiale geleenthede snoepgoed te eet omdat hulle nie te groot is nie, maar probeer om nie van alles op die tafel te proe nie. Feestelike geleenthede gaan oor gesellig verkeer saam met vriende en familie, en nie oor ooreet nie. Wanneer jy ’n bring-en-deel-partytjie bywoon, neem gesonde kos saam, soos ’n vrugtebord of slaai.

4.    Stadig met die drankies
Wanneer jy alkohol by ’n geleentheid drink, eet voor die tyd ’n gebalanseerde maaltyd en drink water ná elke drankie. Dit sal jou help keer dat jy beskonke raak en ook jou kilojoule-inname beperk. 

5.    Begin gesond
Probeer altyd verwerkte voedsel soos worsies, ham en polonie vermy. Gesonder, ligte voorgeregte is groente, neute of vrugte. 

6.    Grootte is belangrik
Eet uit ’n kleiner bord en jou porsiegroottes sal kleiner wees. Groente of slaai behoort die helfte van jou bord in beslag te neem, met stysel en proteïen op die ander kwarte. Eet stadig sodat jou liggaam weet wanneer jy versadig is.

7.    Dans die aand om
Dans is uitstekende oefening om kilojoules te verbrand ná ’n swaar maaltyd. Maak hierdie prettige aktiwiteit deel van jou familiekuier.

8.    Hidreer
Wanneer jy by ’n partytjie opdaag, vermy die suikerryke drankies en kry ’n glas water. Dis ’n goeie plan om ’n bottel of glas water in jou dominante hand te hou sodat jy nie in die versoeking kom om te peusel nie.

9.    Sê nee vir pasteie en koek
Vermy of eet min koekies, koek en pasteie. Romerige souse, kaas en geregte met room moet ook beperk word.

  • 10. Weeg die moontlikhede op

Om jou liggaam te ontneem van dit waarvan jy hou is ook nie goed nie. Geniet liewer ’n klein porsie nagereg en ’n bakkie vrugteslaai. Sekere bestanddele kan met iets gesonders vervang word, soos laevetmelk pleks van room in ’n nagereg.

BRON: Naazneen Khan namens Nestlé Suid-Afrika


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>