Die Amerikaanse akteur Paul Walker, 40, van die Fast and the Furious-aksieflieks het die naweek in ‘n motorongeluk in Santa Clarita, noord van Los Angeles, Kalifornië, gesterf.
Volgens berigte was Walker ‘n passasier in ‘n vriend se motor toe die ongeluk gebeur het.
Die akteur was glo besig om as vrywilliger vir sy organisasie, Reach Out Worldwide, te werk om geld in te samel om slagoffers van die tifoon Haiyan in die Filippyne te help.
Die voertuig was in vlamme gehul toe die plaaslike polisie by die toneel aangekom het.
Luidens ‘n verklaring is twee mense op die toneel dood verklaar.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.