Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Aardbewing tref Johannesburg

$
0
0

’n Aardbewing, wat 4 op die Richterskaal geregistreer het, is Maandag in Johannesburg aangeteken, het die Raad vir Geowetenskap gesê.

Michelle Grobbelaar, die bestuurder van die seismologie-eenheid, het die skudding as “’n redelike grote” beskryf.

Uit voorlopige ontleding blyk dit die episentrum was net voor tienuur naby die Universiteit van Johannesburg.

‘Geboue het sowat ’n minuut lank geskud. Ek bewe nou nog.’

’n Twitter-gebruiker het gesê: “Daar was sowat 20 minute gelede ’n trilling in JHB. Geboue het sowat ’n minuut lank geskud. Ek bewe nou nog.”

Nog iemand het getwiet: “O, die skudding-ding het oral in Johannesburg gebeur? LOL, ek het gedink dit was net as gevolg van die bouwerk in ons kantoorpark.”

Aardbewings, of skuddings, is die gevolg van die opbou van spanning in die aardkors. Wanneer die spanning te veel word, word dit vrygestel in die vorm van ’n aardbewing, gewoonlik op ’n geologiese foutlyn.

Michelle het voorheen gesê ná ’n aardbewing word nog ’n skudding van soortgelyke sterkte gewoonlik in dieselfde gebied verwag, maar seismoloë kan nie voorspel wanneer dit sal gebeur nie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!