Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

EKONOMIES ALLES-IN-EEN-POT

$
0
0

Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 20 minute
Gaarmaaktyd: sowat 2 uur 

30 ml (2 e) kookolie

30 g botter of margarien

2 kg stowevleis (vark, bees of skaap), in blokkies gesny

1 groot ui, grof gekap

5 ml (1 t) gemengde droë speserye

2 heel naeltjies

1 ml (¼ t) neutmuskaat

1 klein lourierblaar

1 ml (¼ t) droë tiemie

12 ml (2½ t) sout

5 ml (1 t) vars gemaalde swartpeper

30 ml (2 e) bruinasyn

500 ml (2 k) hoender- of vleisaftreksel, verhit

12 klein aartappeltjies, met skil

8 heel piekeluitjies, geskil

12 klein worteltjies, geskil

  1. Verhit die olie en die botter of margarien in ’n groot swartpot en braai die vleisblokkies ’n bietjie op ’n slag op warm kole tot bruin. Geur met sout en peper. Skep die gebraaide vleis uit.
  2. Braai die uie in dieselfde pot, voeg al die speserye, tiemie en sout by en roerbraai effens sodat die geur ontwikkel.
  3. Plaas die vleis terug in die pot bo-op die uimengsel.
  4. Meng die asyn en vleisaftreksel, voeg by en plaas die deksel op. Laat prut sowat 2 uur op stadige kole tot die vleis byna sag is.
  5. Plaas die aartappels, uitjies en wortels bo-op en laat nog 30 minute prut tot die groente net gaar, maar steeds effens bros is.
  6. Sit voor met brood, stywepap of stampmielies en bone.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>