Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Zach Galifianakis ly aan hoogtevrees

$
0
0

Zach Galifianakis het ’n perskonferensie vir The Hangover Part III misgeloop omdat hy aan hoogtevrees ly. Dis op ’n plek gehou wat slegs met ’n kabelkar bereik kon word.

Die 43-jarige akteur moes die perskonferensie saam met sy medesterre Bradley Cooper, Justin Bartha en Ed Helms in Morro da Urca in Rio de Janeiro bywoon, maar het onttrek toe hy hoor hy sou ’n 220 meter hoë kabelkarrit moes onderneem om daar uit te kom.

“Zac het hoogtevrees en het gebel om te laat weet en het ook ’n paar grappies gemaak,” het ’n woordvoerder vir die akteur aan GossipCop gesê.

Zach het onlangs gesê hy sou graag weer sy karakter, Alan Garner, se skoene wou volstaan in die verre toekoms, maar hou vol “niemand sou omgee” oor die fliekreeks behalwe hy en sy medesterre Bradley, Justin, en Ed nie. “Ek sal beslis nog een doen wanneer ons 90 word. Niemand sou meer omgee nie, maar dit sou nogal pret wees,” het hy gesê.

As hulle oor 20 jaar nog ’n Hangover-fliek maak, wil Zach graag hê sy karakter met presies dieselfde wees, maar met ’n groot gesin. Op ’n vraag oor waar hy Alan oor 20 jaar sien, het hy geantwoord: “Hangover 16! Alan sal steeds dieselfde foute maak en waarskynlik nege kinders hê.”

Zach sê dis “vreemd” wanneer hy aanhangers ontmoet wat ’n hele gesprek oor hom wil hê. “Mense is gewoonlik gaaf en pret. Maar as jy sit met iemand en hulle wil net oor jou praat . . . dis ’n vreemde storie.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>