Dis nog net een slapie en die senuwees knaag glad nie, sê die Baby Tjoklits-sanger Gerhard Steyn.
Hy trou môre met sy verloofde, Zelri Enslin, en sê hy was nog nooit so seker van enige keuse nie.
Die 36-jarige blondekop het lank gewag op sy trouvrou. Hy en Zelri (22) ken mekaar al jare, maar het eers vroeg verlede jaar verloof geraak.
Dit gaan ’n roomkleur, wynrooi en silwer affêre wees, verklap die tweetjies. Die seremonie is op ’n landgoed op Muldersdrift, wes van Johannesburg.
Gerhard tree vanaand nog vir oulaas op, maar daarna is dit net tyd vir ontspan. Hulle voorspel ’n groot makietie met ’n dansery tot laatnag vir hul troudag.
Daarna gaan mnr. en mev. Steyn met ’n welverdiende week lange eilandwittebrood.
Lees nog:
- Gerhard Steyn kry sy trouvrou