Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Disney soek SA aanbieders

$
0
0

Kaapstad – Disney het besluit om hul eerste plaaslike Suid-Afrikaanse TV-produksie op die Disney-kanaal (DStv 303) te begin en soek drie tieners wat I (love) Violetta as deel van hul reeks Violetta kan aanbied.

disney

Disney Africa, wat die Disney-kanaal, Disney XD en Disney Junior op MultiChoice se DStv bestuur, soek drie Suid-Afrikaners tieners tussen 13 en 18 om ’n leefstylprogram, I (love) Violetta, aan te bied wat later vanjaar uitgesaai word.

Disney Africa, soek drie Suid-Afrikaners tieners tussen 13 en 18 om ’n leefstylprogram, I (love) Violetta, aan te bied wat later vanjaar uitgesaai word.

Die program is soortgelyk aan SABC1 se YO.TV, SABC2 se Hectic Nine-9 en M-Net se destydse KTV. Aanbieders van I (love) Violetta gaan oor uiteenlopende onderwerpe gesels wat meestal met Violetta verband hou, soos om die karakters, choreografie en modewenke te bespreek.

Die nuwe program sal weekliks uitgesaai word en begin later vanjaar sodat dit saamval met die derde seisoen van Violetta op die Disney-kanaal. Die tweede seisoen word tans weeksdae om 16:10 uitgesaai.

Streeksweergawes van I (love) Violetta het in Oktober 2014 in Europa begin.

Aspirant-aanbieders van I (love) Violetta kan tot 12 Junie by www.disney.co.za inskryf en moet ’n foto of video op die webtuiste laai, waarna gekose inskrywings vir ’n oudisie voor ’n paneel beoordelaars in Kaapstad, Durban en Johannesburg genooi sal word.

“Kykers is nog steeds mal oor Violetta en ons is opgewonde om saam met plaaslike Disney-aanhangers te werk sodat ons I (love) Violetta later vanjaar na die kassie kan bring,” sê Christine Service, senior ondervoorsitter en bestuurder van die Walt Disney Company Africa.

“Ons is veral opgewonde om ’n plaaslike produksie na die Disney-kanaal te bring. Dis ’n nuutjie vir Suid-Afrika en ’n wonderlike geleentheid om die ongelooflike talent in die land ten toon te stel.”

Channel24


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>