Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Polisie “slaan” glo derde verdagte in moord op Baaise onderwyseres

$
0
0

’n Derde verdagte, wat vandag (Dinsdag) vir die moord op die onderwyseres Jayde Panayiotou voorgekom het, het beweer sy geswolle regteroog is deur die polisie se toedoen.

Sizwezakhe Vumazonke (30) het vlugtig voor landdros Jan van der Westhuizen in die landdroshof in die Baai verskyn.

Sizwezakhe, wat nog nie regsverteenwoordiging het nie, is Sondag in New Brighton in hegtenis geneem. Hy het in ’n blou baadjie en jeans verskyn en sy regteroog was duidelik opgeswel.

Toe hy oor die aard van sy beserings uitgevra word, het Sizwezakhe geantwoord die polisie het hom geslaan.

Hy is die derde persoon wat in verband met die ontvoering van en moord op die gewilde onderwyseres van die hoër meisieskool Riebeek College op Uitenhage in hegtenis geneem is.

Die media was weer sterk verteenwoordig.

Sizwezakhe se saak is tot 19 Junie uitgestel. Dis ook die dag waarop die slagoffer se man, Christopher Panayiotou, weer voorkom.

Sizwezakhe sal in aanhouding bly tensy die prokureur wat hy aanstel, versoek dat hy voor sy beplande verskyning om borgtog aansoek doen.

Christopher het Maandag in dieselfde hof voor Jan verskyn op aanklagte van sameswering tot moord, ontvoering, roof met verswarende omstandighede en moord.

Christopher was in ’n eenvoudige swart pak geklee en was stil en teruggetrokke terwyl die saak tot 19 Junie uitgestel is. Hy sal tot dan aangehou word.

Jayde Panayiotou is op Dinsdag 21 April voor haar huis in Kabegapark ontvoer terwyl sy op haar saamrygeleentheid gewag het na die skool waar sy onderrig gegee het. Sy is die volgende dag aan die buitewyke van die township Kwanobuhle in Uitenhage dood aangetref.

Nog ’n man, Thando Siyoli (31), is in verband met die misdade in hegtenis geneem. Hy het verlede week in dieselfde hof verskyn en kom na verwagting Donderdag weer voor.

Bron: News24


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!